Konflik, Geweld en Rekonsiliasie
Konflik, Geweld en Rekonsiliasie
Die navorsingsgebied van konflik, geweld en versoening omvat ʼn multi-dissiplinêre ondersoek van die oorsake, dinamika en gevolge van gewelddadige konflik, asook strategieë vir die bewerkstelliging van volhoubare vrede en die herbou van samelewings ná konflik. Hierdie gebied is deurslaggewend vir ʼn begrip van hoe samelewings die erflatings van geweld and kan aanpak en versoening onder verdeelde gemeenskappe kan aankweek. Konflik kan in baie verskillende kontekste voorkom, waaronder in persoonlike verhoudings, organisasies en nasies. Baie navorsers in die fakulteit fokus op konflik en versoening en die proses van die herstel van verhoudings tussen individue of groepe wat deur konflik of geweld skade gely het. Hierdie navorsing sluit in die bestudering van geskiedkundige trauma, konflikbeslegting en faktore wat tot geslaagde versoeningspogings bydra. Ander fokus meer op direkte vorms van geweld, waaronder oorlog, terrorisme, gesinsgeweld en die effek van gewelddadige misdade op die samelewing. Navorsers in die FLSW verken die kwessies uit verskillende perspektiewe, gegewe die geskiedkundige konteks van geweld in Suid-Afrika, die vlakke van misdaad en gendergebaseerde geweld in die samelewing, en die onderliggende indirekte kulturele en strukturele faktore wat geweld perpetueer.
Navorsingsklusters
Poverty, Inequality, and Development
Gender, Sexuality, and Feminist studies
Health, Welfare, and Human Security
Politics, Governance, and Citizenship
Ethics, Social Justice, and Human Rights
Land, Environment, and Sustainable Development
Conflict, Violence, and Reconciliation
|
Departement |
Navorser |
Fokusgebiede |
|
SARChi Violent Histories & Transgenerational Trauma (Leerstoel vir Gewelddadige Geskiedenisse & Transgenerasionele Trauma); Sentrum vir die Studie van die Nadraai van Geweld en die Strewe na Herstel (AVReQ); AVReQ
|
|
Hoe en waar Suid-Afrikaners praat oor politieke trauma oor rasse- en geslagskeidslyne heen; die moontlikhede wat bestaan vir genesing of herstel deur die bemiddeling van diverse ervarings in die openbare sfeer. |
|
|
Die reperkussies van gendergeweld in Suid-Afrika ná apartheid. Belangstellings sluit in: gendergeweld en identiteit; die aanpak van patriargale trauma; psigososiale aspekte van vroue se agentskap.
|
|
|
Bestudeer die kollektiewe invloed van strukturele geweld op die geleefde ervarings van Suid-Afrikaanse mense deur die lens van fisiologie, neurokognitiewe prosesse en sosiale sielkunde. |
||
|
Verken die impak van ontmenslikende ervarings van onderdrukking en geweld, wat in die nadraai van geskiedkundige trauma steeds in die volgende geslag bly uitspeel; verband tussen berou en vergifnis en die rol van empatie; poog om ʼn meer komplekse begrip van empatie te vind wat die Afrika-kennisargief in ag neem. |
||
|
Mans en maskuliniteit en die kruispunt daarvan met geweld, klas, tradisies, seksualiteit en ras . |
||
|
|
Versoening, vergifnis en apologie binne breër politieke en sosiale gemeenskappe . |
|
|
Grondidee van vergifnis in die Nuwe Testament. |
||
|
Die manier waarop metafoor en analogie filosofiese redenering oor hoof- politieke konsepte vorm en verwring – in die besonder ‘geweld’, ‘identiteit’ en ‘gemeenskap’ . |
||
|
Trauma in Suid-Afrika ná apartheid. |
||
|
Geweldstudies; film- en mediastudies |
||
|
Volksmoordstudies; vraagstukke ten opsigte van geweld. |
||
|
Letterkunde en trauma. |
||
|
Taal en trauma . |
||
|
Inter- en intraverhoudingsverwante geweld; Simone de Beauvoir se werk; seksuele geweld; gender en identiteit; die wet en geregtigheid; rampokkery en vigilantisme. |
||
|
Die wêreldwye koue oorlog; ideologieë, politieke identiteite en internasionale konneksies in die stryd teen kolonialisme; burgeroorlog, vredebou en medemenslikheid; bevrydingstryde in Suider-Afrika. |
||
|
Suid-Afrikaanse Tweede Wêreldoorlog; Suid-Afrikaanse oorlog; 1899-1902; Suid-Afrika en die wêreldoorloë. |
||
|
Suider-Afrikaanse konflikgeskiedenis in die twintigste en een-en-twintigste eeu: verkiesings, etniese konflik, ‘China in Afrika’, en burgerlike konflik, veral met betrekking tot Zambië. |
||
|
Geskiedenis van oorloë, spesifiek gerig op Zulu-oorloë en -stryders. |
||
|
Konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorloë. |
||
|
Oostenrykse letterkunde uit die tydperk tussen oorloë. |
||
|
Mr Bo Lyu |
Transformerende Suid-Afrikaanse letterkunde. |
|
|
Die worsteling met uitbeeldings van geskiedkundige trauma en geweld in musiek en klank, en die probleem met onkritiese affiniteite tussen musiek en/as versoening in Suid-Afrika. |
||
|
Philosophy; <a href="https://www0.sun.ac.za/philosophy/Filosofie; Sentrum vir Toegepaste Etiek |
Seksuele geweld; GGG in gewapende konflik; GGG en oorgangsgeregtigheid; waarheidskommissies. |
|
|
Konflik- en geweldsanalise; misdaad en geweldvoorkoming; polisiëring; vredesbou; internasionale en streeksveiligheid (Afrika); stedelike veiligheid. |
||
|
Geslagsgebaseerde geweld; Verkragting en verkragtingsmites. |
||
|
|
Openbare geestesgesondheid. Stres en trauma. |
|
|
Sosiale sielkunde van intergroepverhoudings met 'n spesifieke fokus op diversiteit, intergroepkontak (kruisgroepvriendskappe), intergroep-emosies, vooroordeel en stereotipes in post-konflik samelewings. |
||
|
Xenofobiese geweld tydens rampe. |
||
|
Geweld in intieme verhoudings. |
||
|
Dr Tasneemah Cornelissen Nordien
|
Bemagtigingsdienste vir oorlewendes van seksuele misbruik van kinders en hul versorgers wat deur NRO's aangebied word. |
|
|
Navorsing fokus op gewapende magte en die samelewing, met 'n spesifieke fokus op burgerlike-militêre verhoudings, en die ontplooiing van die militêre vredesoperasies. |
||
|
|
|
|
|
|
|
Manlikheid en/in oorlog; die visualisering van manlikheid in tye van gewapende konflik. |
