Dr Ronita Mahilall se professionele opleiding is in die Sosiale Wetenskappe: Sosiale Werk. Sy het 'n Meestersgraad in Sosiale Wetenskap van UNISA en 'n PhD in Sielkunde van die Universiteit Stellenbosch. Sy is 'n 2-jaar post-doctorale beurs by die Nasionale Instituut vir Gesondheid (NIH) in Washington DC aangebied, maar moes daardie program verkort om terug te keer na Suid-Afrika aangesien haar ma gediagnoseer is met 'n terminale siekte.

Sy is die Hoof Uitsluiter van St Luke se Gekombineerde Hospitale, Kaapstad, SA. Sy werk as 'n associate researcher aan die Universiteit van Stellenbosch en as 'n gasteleraar aan die Universiteit van Minnesota, in die VSA, sowel as met universiteite in Swede en Oostenryk. Sy toesig ook oor studente aan die Suid-Afrikaanse Kollege van Toegepaste Sielkunde (SACAP) en Bestuurskollege van Suider-Afrika (MANCOSA), Cape Town. This book publication “Lerato Learns about Hospice” also adds another accolade to her esteemed professional achievements.

Wie is Ronita Mahilall, as persoon en as beroepspersoon? 

Ek is ʼn moeder (my grootste prestasie tot dusver!), ʼn eggenoot, ʼn dogter en ʼn suster. Ek hou waarlik daarvan om mense te help en het ʼn baie geesdriftige verhouding met kos! Ek is ʼn maatskaplike werker van beroep en die trajek van my loopbaan het verander na ʼn sterk fokus op gestremdheid, nadat ons geseën is met ons eerste kind, Perez, wat met Downsindroom gebore is. Vervolgens was ek aan die hoof van die KwaZulu-Natalse Blinde- en Dowevereniging se Departement Maatskaplike Dienste en daarna die hoof van een van die grootste nieregeringsorganisasies (NRO’s) in KZN, wat werk met kwesbare en weeskinders, wat weens die vigspandemie haweloos gelaat is. Ek is tans die hoof- uitvoerende beampte (HUB) van St. Luke’s se gekombineerde hospiese (SLCH). Ek het my PhD deur publikasie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en is tans ʼn medenavorser aan die Universiteit. Ek werk ook met universiteite in die VSA, Europa en plaaslik saam en doen studieleiding vir magister-/PhD-studente.

Gee vir ons ʼn kort oorsig oor jou akademiese reis tot en met jou PhD-proefskrif en hoe dit jou beïnvloed het om hierdie boek te skryf.

As die HUB van St. Luke’s was ek absoluut oorweldig deur die gehalte en omvang van die palliatiewe sorgdienste wat gelewer word. Die geestelike sorgkomponent was egter beduidend onderverteenwoordig in die palliatiewe sorgpakket. Die doelwit was om geestelike sorg sy regmatige plek binne die palliatiewe sorgdienstepakket te laat inneem, deur akademiese erkenning daaraan te verleen. Gedurende die loop van my omgang met die deelnemers (nasionaal, provinsiaal en by St. Lukes) was ek getref deur die bewuste gebrek aan betrokkenheid by kinders wanneer slegte nuus, soos ʼn terminale diagnose, oorgedra moes word. Kinders is, soos ons weet, nuuskierig en wanneer hulle uit belangrike gesinsvergaderings en gesprekke gelaat word, is hulle geneig om hulle eie narratiewe te skep. Hierdie boek is ʼn geleentheid om vir die fasilitering van moeilike gesprekke met kinders deur die pasiënt/versorger/professionele terapeut en so meer, voorsiening te maak.

 Wat is die heersende maatskaplike en kultuurdinamika of taboes wat palliatiewe sorg steeds in geheimsinnigheid omhul? 

Suid-Afrika is een van die mees diverse lande in die wêreld; desondanks toon Suid-Afrikaners ook beduidende verdraagsaamheid en sensitiwiteit teenoor kulturele diversiteit. Een voorbeeld hiervan is dat SA een van die min lande is wat met 12 amptelike tale spog en wat godsdienstige feesdae as openbare vakansiedae erken. Nogtans blyk dit dat ʼn vrees vir die dood en sterf ʼn grondliggende menslike vrees is. In sommige kulture, gewoonlik uit Afrika, word die voorvaders aanbid, wat daarop dui dat die dood en sterfte minder geheimenis inhou. Ander kulture en godsdienste vind dit egter moeilik om oor die dood en sterfte te praat. Dit is dus die verantwoordelikheid van gesondheidsorgverskaffers (medies en psigososiaal) om hierdie onderwerp binne die konteks van holistiese sorg te benader.

Wat is jou mening oor palliatiewe sorg en die reg om met waardigheid te sterf? 

My mening is dat palliatiewe sorg ʼn basiese reg is. Ongelukkig het die SA regering palliatiewe sorg eers so laat as 2017 as deel van die kontinuum van gesondheidsorg erken. Instellings soos St. Luke’s, wat vir die afgelope 45 jaar reeds in die palliatiewe sorgruimte werksaam is, het nog altyd waarde geheg aan palliatiewe sorgingryping, onderstut deur medelye en ʼn waardige dood.

Wat is die beste benadering en praktyke wat ons as volwassenes kan toepas wanneer ons met kinders oor palliatiewe sorg praat? 

Eerlikheid! Dit is ons verantwoordelikheid as ouers, grootouers, versorgers en beroepslui om gesprekke oor die dood en sterfte te hê en om dit deel van ons kinders se woordeskat en algemene gesprekke te maak. Dit is ook noodsaaklik dat opvoeders in skole met die kennis en vaardighede toegerus word om hierdie gesprekke in daardie vormingsjare te kan voer. Dit is nog ʼn rede waarom ek hierdie boek geskryf het – die bedoeling was dat dit nie slegs as ʼn hulpmiddel in gesondheidsorgopsette gebruik word nie, maar ook as inleiding tot gesprekke vir opvoeders. As volwassenes gemaklik met die dood en sterfte kan omgaan en dit normaliseer, dan sal kinders, wat hulle gedrag grootliks op die gedrag van volwassenes modelleer, sonder vooroordele en vrees vir die dood/sterfte en palliatiewe sorg opgroei.

As die skrywer, wat wil jy met hierdie boek bereik?

Hoofsaaklik om bewusmaking van hospies- en palliatiewe sorg aan te wakker en ook om dit te normaliseer. Ek het die laaste bladsye in die boek doelbewus oop gelaat, sodat die gesin wat die boek lees hulle eie verhaal kan skryf en die boek as ʼn aandenking kan hou of kan nalaat aan die geliefdes wat agterbly nadat die persoon wat palliatiewe sorg ontvang, oorlede is.

Vertel vir ons meer oor die APCA-konferensie (African Palliative Care Association) in September waar jy jou proefskrif/studie gaan aanbied.

Na my mening gee konferensies, veral dié waarby ontwikkelende lande die hoofrol speel, aan deelnemers uit hierdie lande die geleentheid om geleefde ervarings te deel, wat dikwels nie tipies van ontwikkelde lande is nie. Dit maak baie betrokke leer en deel moontlik. Die bane van hierdie konferensie hou verband met innoverende maniere waarop pediatriese palliatiewe sorg en palliatiewe sorg oor die algemeen ten toon gestel word. Ek het die opsomming op die ingewing van die oomblik voorgelê en ek was vol vertroue dat dit waarskynlik vir een van die twee bane aanvaar sou word, gegewe die diverse bane van die konferensie. My oogmerk vir die boek, deur my aanbieding by die konferensie, is om lig te werp op palliatiewe sorg en spesifiek om gesprekke met kinders wat deur pasiënte in palliatiewe sorg geraak word, te normaliseer. Dit is waarom die boek ook ʼn lesersgids insluit. Die boek is geskryf as ʼn gesprek tussen prepuber kinders en speel af in ʼn township in Kaapstad, SA. Die een kind (Tinus), wie se broer deur ʼn hospies versorg en daar oorlede is, en die ander kind (Lerato), wie se ma tans palliatiewe sorg in ʼn hospies ontvang, gesels met mekaar. Tinus raak ʼn steunpilaar vir Lerato en beantwoord haar vrae (wat kinders sal vra). Hierdie antwoorde bied vir haar troos, hoop en kennis, en maak haar vrees beduidend minder.

Waar kan ʼn mens die boek in die hande kry en wat is die kleinhandelprys daarvan?

Dit is tans slegs as harde kopie teen R150,00 per kopie beskikbaar. Dit is my intellektuele eiendom, maar ʼn persentasie van alle verkope sal ter ondersteuning van palliatiewe sorg aan St. Luke’s geskenk word. Ek beoog om dit ook op Google Books (e-boeke) te kry, maar ek is nog nie daar nie.

Watter raad sou jy hê vir jonger beroepslui wat deesdae die palliatiewe sorg-beroep betree?

My raad aan jong beroepslui, veral in die mediese veld, wat besig is met opleiding om lewens te red en siektes gesond te maak, is dat ʼn terminale diagnose nie beteken dat hulle ‘misluk’ het nie. Jy doen die pasiënt eintlik ʼn groot guns as jy hulle vroeg reeds vir palliatiewe sorg verwys, aangesien hulle dan ook toegang tot psigososiale ingrypings, soos geestelike sorg, voorligting, en so meer, het. Voorts is my raad aan jong beroepslui in die psigososiale ruimte om rouberading te oorweeg wanneer die diagnose plaasvind, aangesien verlies nie net verdriet as gevolg van die dood is nie, maar ook die persoon wat rou se onvermoë om die broodwinner te wees, onvermoë om eenvoudige vaardighede vir die daaglikse lewe te bemeester, onvermoë om ʼn ten volle funksionerende ouer/grootouer/eggenoot te wees, onvermoë om motor te bestuur, en so meer. Ek is daarvan oortuig dat, hoewel daar perke op die vermoë is om te genees, daar geen perke op omgee is nie. Jong beroepslui behoort dit aan te gryp.

Lees meer oor haar opsomming:

https://arts.sun.ac.za/files/2025/08/Thesis-Abstract-Ronita-Mahilall.pdf