Op 12 Oktober 2024 was die Universiteit Stellenbosch se hoofkampus en ook die Tygerbergkampus ʼn miernes van aktiwiteit toe die aansoekers uit graad 12, wat reeds voorwaardelike aanbiedinge om aan die US te studeer, aanvaar het, op Maties toegesak het. Hulle is deur middel van ʼn kampuswye veldtog met die titel NextGenMaties(losweg vertaal as die volgende geslag Maties vir die akademiese jaar 2025) uitgenooi om ʼn eerste ervaring van die universiteitslewe te geniet. Die studente is vergesel deur hulle ondersteunende ouers (sommige waarvan self trotse Maties-alumni is), wat getoon het dat hulle ʼn persoonlike belang by hulle kinders se toekomstige studies en loopbaandrome met ʼn Maties-kwalifikasie het.

Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe het moeite gedoen om die groep voornemende studente vir die 2025 akademiese jaar te beïndruk en hulle aan die verskillende departementele akademiese aanbiedinge in die Fakulteit bekend gestel. Die voorsitter van die BA Studentekomitee (BASK) en programregisseur van die verwelkomingseremonie, me Jordan Dart, het diegene teenwoordig hartlik welkom geheet en die uittredende dekaan, professor Anthony Leysens, aan die woord gestel. Prof Leysens het ʼn insiggewende en leersame oorsig gegee van die Fakulteit se fokus, gehalte en verbintenis tot akademiese uitnemendheid om te verseker dat ons studente in hulle studies en loopbane sukses behaal. “Laat dit tel, maak dit die moeite werk. Julle het drie jaar en drie jaar gaan so gou verby. Dink in die proses oor nagraadse studies,” het prof Leysens gesê. Ongelukkig loop prof Leysens se ampstermyn aan die einde van hierdie akademiese jaar ten einde, nadat hy die Fakulteit vir twee ampstermyne gedien het en dit na sy status as een van die voorste geesteswetenskapsfakulteite in die wêreld gelei het. Die aanstaande dekaan is professor Vasti Roodt, huidige Visedekaan vir Onderrig en Leer. Sy is oorgehaal en gretig om die Fakulteit tydens haar ampstermyn as dekaan na selfs groter hoogtes te lei.

Me Cheryl Richardson, die Fakulteit se akademiese administrateur, het die voornemende studente gelukgewens dat hulle só ver gekom het, en uitgewys dat hulle reis nog nie voltooi is nie. Hulle moet nog hulle skoolloopbaan met uitstekende akademiese uitslae in hulle eindeksamens afsluit, maar die blote feit dat hulle hier was en aanvaar is, toon dat hulle aan die standaarde vir die 1 100 plekke wat die Fakulteit vir nuwe aankomelinge beskikbaar het, voldoen. Sy het voorts die proses en prosedures wat hulle sal teëkom en moet afhandel om in 2025 Matiestudente te kan wees, verduidelik.

Me Khanyiswa Xinwa, Studentesteunkoördineerder, het beklemtoon dat haar kantoor daar was om studente met die uitdagings wat hulle mag ervaar, by te staan, aangesien dit uitdagend, maar ook opwindend is om ʼn student te wees. Die studente moenie huiwer om haar kantoor te kontak nie.

Mnr Rudi le Roux het kortliks benadruk hoe belangrik dit is om tegnologie aan boord te neem; met ander woorde, om in staat te wees om die tegnologiese steun wat aan die studente beskikbaar is, te kan gebruik en toegang daartoe te verkry. Daarbenewens het hy ook die dienste tot die beskikking van studente met gestremdhede uiteengesit.

Me Dart het haar BASK-lede bekend gestel, wat op hulle beurt hulself en hulle portefeuljes bekend gestel het. Die BASK-lede en hulle onderskeie portefeuljes is: me Penny Campbell (Ondervoorsitter; BA Taal en Kultuur II), me Shila Chabalala (Sekretaris; BA Geesteswetenskappe II), me Misha Fray (Tesourier; BA Taal en Kultuur III), me Jade Lopes (Studentebetrekkinge; BA Geesteswetenskappe I), me Tana Benn (Maatskaplike Impak; BA Geesteswetenskappe II), me Ayanda Gqolana (Transformasie en Kultuur; B Maatskaplike Werk III) en me Neuza Langa (Sosiale Media en Bemarking; BA Omgewing en Ontwikkeling II). Vir meer oor hulle mandaat, klik hier: Code of Conduct (BASC 2023-24). Gedragskode (BASC 2023-24).

Ter afsluiting het mnr Alex Plaatjies diegene teenwoordig vir hulle deelname aan die NextGenMaties-geleentheid bedank. Daarna is die aspirant-Maties en hulle ouers op ʼn toer van die fakulteite en kampusse geneem, waar hulle onder meer na departementele aanbiedinge kon luister.

“Thank you again for the really wonderful introduction to the BA faculty on Saturday. Maya and her friends absolutely loved it,” said Monique Ethelston, proud parent of future Maties and Maties alumna herself.

NextGenMatiesvoorheen bekend as Maties 101, was also hosted by other faculties at SU, including Engineering, AgriSciences, Education, Economic and Management Sciences, Law, Theology and Science. Faculty of Arts and Social Sciences prospective students were treated to lecture simulations, tours and engaging with other current students. They also met the departmental staff and got an overview of their forthcoming studies in the next three-year academic period.