Die Universiteit Stellenbosch het die moeite gedoen om die grens oor te steek om voornemende studente vir 2025 by die Namibiese loopbaan-ekspo, wat van 3 tot 4 April by die Windhoek-buiteklub in Namibië aangebied is, te werf. Die geleentheid het in 2009 ontstaan, toe ʼn groep toegewyde jong beroepspersone die Namibiese loopbaan-ekspo begin het, met die missie om jong leerders en onlangs afgestudeerdes in te lig, te besiel en op te voed oor die verskeidenheid loopbane en geleenthede wat op hulle wag. Sedertdien het die loopbaan-ekspo tot ʼn florerende jaarlikse tradisie gegroei.

 

Die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies het die uitnodiging namens die hele instelling ontvang en die uitnodiging is aan die universiteitsfakulteite gerig. Slegs verteenwoordigers van die Fakulteit Ingenieurswese (mnr August Engelbrecht) en die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe (mnr Asanda Alex Plaatjies), saam met me Nazli Daniels (Senior Koördineerder: Eenheid vir Internasionale Voorgraadse Bemarking en Voornemende Steun), kon dit bywoon. Die afvaardiging is gelei deur die Adjunk-Direkteur van Studentewerwing, mev Magdel Pretorius.

Die Namibiese loopbaan-ekspo is hoofsaaklik gemik op hoërskoolleerders in graad 11 en 12. Dit teiken ook organisasies wat met jong mense werk en private en openbare tersiêre instellings in Namibië en Suid-Afrika. Dit was goeie blootstelling en ondervinding vir die afgevaardigdes. In die afwesigheid van ander fakulteite was hulle die ambassadeurs vir Maties en Stad Kaapstad, wat daar was om te leer, te werk en te speel. Daar was ook talle ouers, wat aan die Universiteit afgestudeer het, aanwesig en hulle was gretig om hulle kinders in 2025 aan die Universiteit Stellenbosch te laat studeer.

Mev Pretorius en me Daniels het onderhoude gevoer met RepublikleinRepubliklein, ʼn plaaslike koerant en die plaaslike kommersiële radiostasie, Fresh FM, waartydens hulle die geleentheid gehad het om die Universiteit se uniekheid en die verskillende akademiese programme vir eerstejaarstudente in 2025 te bemark. “Die Universiteit het opwindende programme regoor al 10 fakulteite; byvoorbeeld, hulle het programme soos ʼn baccalaureus in datawetenskap en ʼn diploma in volhoubare ontwikkeling en die omgewing. Ingenieurswese is ook baie opwindend en groei saam met die Fakulteit Ingenieurswese. Natuurlik sal jy in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe die veranderingsagente vind – mense wat kan kommunikeer, wat uitsaaijoernalisme en vermaak kan aandurf,” was mev Pretorius se reaksie op Jane K, aanbieder van ‘Fresh Lounge’ van Maandag tot Donderdag, 19:00 tot 22:00. Klik hier om na die onderhoud te Career Expo 2024 – Stellenbosch University – Fresh FM

Vir meer inligting oor die Namibiese loopbaan-ekspo, besoek gerus https://careersexponam.com/. Die Universiteit Stellenbosch en ook die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe sien daarna uit om die nuwe groep Namibiese studente volgende jaar in die hartjie van Stellenbosch te verwelkom, waar hulle hul sal kan verdiep in die Maties-kultuur, die sosiale lewe en ook die onderrig- en leeromgewing.