Die opwelling in wêreldwye migrasie het ʼn era van ongeëwenaarde kulturele en linguïstiese diversiteit ingelui, wat die noodsaak van omvattende geestesgesondheidsorg vir immigrante beklemtoon. Migrante kan buite verhouding vatbaar vir geestesgesondheidsversteurings soos depressie, angs en PTSV (posttraumatiese stresversteuring) wees. Gepaard met taal- en kultuurstruikelblokke, is toegang tot voldoende gesondheidsorg ʼn formidabele uitdaging vir bate migrante.

Caption: Dr. Alina Forray (Romania), Miss Warona Mateane (SA), Prof, Ted Sanders (Netherlands), Dr. Rowan Madzamba (SA), Ms Annika Kreienbrinck (Germany), Prof Christine Anthonissen (SA), Dr. Asithandile Nozewu (SA), Prof Mike Mösko (Germany), Ms Saskia Hanft-Robert (Germany), Prof Barbara Schouten (Netherlands),  Talha Topçu (Germany), Miss Kitso Setswe (SA), Ovidiu Oltean (Romania), KNEELING Mr Andrian Liem (China), Prof Leslie Swartz (SA)

Die Departement Sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch is een van die vennote in ʼn projek getiteld “Meertaligheid in die voorsiening van geestesgesondheidsorg van gehalte aan migrante – behoeftes, hulpbronne en praktyke” (#MIM2M) wat deur die Volkswagenstigting (VolkswagenStiftung) gefinansier word. Hierdie baanbrekers- internasionale inisiatief is daarop gemik om taalgapings vir migrante wat geestesgesondheidsorg benodig, te oorbrug en is ʼn gesamentlike poging in vyf lande –Duitsland, Roemenië, Nederland, China en Suid-Afrika. Die projek is ontwerp om data te lewer, sodat die gehalte van behandeling en pasiënttevredenheid verhoog kan word.
Die Universiteit Stellenbosch was van 31 Januarie tot 4 Februarie 2024 die gasheer van die #MiM2M-projekvergadering by die Mont Fleur-konferensiesentrum in Suid-Afrika. Alle projekspanne het bestaan uit verteenwoordigers van verskeie universiteite, waaronder die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Kaapstad (UK), die Universiteit van Hamburg, Duitsland, Utrecht Universiteit en die Universiteit van Amsterdam, Nederland, New York Universiteit Shanghai, China, en Babeș-Bolyai Universiteit, Roemenië. Die meeste deelnemers het in persoon aangesluit en dit was hulle eerste besoek aan Suid-Afrika en die Universiteit Stellenbosch.
Afgevaardigdes was verteenwoordigend van diverse agtergronde en dissiplines, waaronder geneeskunde, openbare gesondheid, demografie, sielkunde en taalkunde. Kruisbestuiwing het die spanne kollektief in staat gestel om moontlikhede vir die verbetering van geestesgesondheidsorg vir migrante te verken. Die vergadering het grense te bowe gegaan en kulture oorbrug in die strewe na ʼn beter, meer inklusiewe toekoms. Kritiese gesprekke oor meertaligheid en geestesgesondheidsorg vir migrante was die hooffokus. ʼn Aangrypende Twitter-plasing deur Duitse vennote som die gees van medewerking en kameraadskap wat die vergadering gekenmerk het, op. https://twitter.com/MiM2M_project/status/1755206466670092678 https://twitter.com/MiM2M_project/status/1755206466670092678
Ons, die Suid-Afrikaanse span, wil graag uitreik na kollegas wat in soortgelyke areas werk. Rig asseblief enige navrae aan dr Rowan Madzamba by rmadzamba@sun.ac.za.