Die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie het van 23 tot 25 Augustus ’n belangrike drie dae lange konferensie aangebied ter afsluiting van die program “Indexing Transformation”, ’n baanbreker-inisiatief wat deur die Mellon-stigting gefinansier is. Die konferensie het by Mont Fleur op Stellenbosch plaasgevind.

Die geleentheid was ’n platform vir vakkundiges, alumni en studente om hulle navorsing aan te bied en die akademieskap van “Indexing Transformation”, ’n merkwaardige reis van sewe jaar, te vier.

Wat “Indexing Transformation” uniek maak, is dat dit internasionale vakkundige ontwikkeling gekombineer het met beurse op honneurs- en magistervlak. Die doel was om voordoktorale navorsing aan te moedig en ’n intellektueel stimulerende omgewing vir studente-ontwikkeling te skep. In die loop van die projek is ’n seminaarreeks met toonaangewende internasionale navorsers gehou, werksessies aangebied, en 24 honneurs- en 48 magisterbeurse toegeken. Altesaam 23 honneurs- en 30 magisterstudente het reeds danksy die program gegradueer en ’n verdere tien verwerf na verwagting eersdaags hulle kwalifikasies.

“Die konferensie was die afsluiting van ‘Indexing Transformation’, ’n Mellon-gefinansierde projek wat die Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie die afgelope sewe jaar bedryf het,” sê prof Bernard Dubbeld, een van die skeppers van die program. “Finansiering is aanvanklik vir vyf jaar toegeken, maar as gevolg van die pandemie kon ons die projek oor sewe jaar voltooi.”

Volgens prof Dubbeld is 20 navorsingsreferate by die konferensie aangebied. In teenstelling met wat gewoonlik by sulke konferensies gebeur, het elke referaat heelwat gesprek aan die gang gesit, wat dieper omgang met die navorsing bevorder het. Die interaksie tussen huidige studente en alumni van verskillende jare was veral inspirerend, en ’n weerspieëling van die eweknieleerdoelwitte van die program.

“Ons het vier van ons graduati ingebring, naamlik Angelique Michaels (PhD, Universiteit van Manchester), Esethu Monakali (PhD, Universiteit van Lund), Vanessa Mpatlanyane (PhD, Universiteit van Kaapstad) en Adriaan Steyn (PhD, Harvard-universiteit). Handri Walters, ’n US-dosent, was ook ’n kernrolspeler by die konferensie en het met onlangse magistergraduati en huidige beursstudente geskakel. Daarbenewens het die program drie sprekers van buite die Departement ingesluit, naamlik proff Peter Redfield, Karl von Holdt en Ronelle Carolissen," sê prof Dubbeld.

Die temas wat konferensiegangers bespreek het, het ’n wye verskeidenheid sosiologiese en antropologiese terreine ingesluit, waaronder onderwyservarings, sosiale mobiliteit, stedelike marginaliteit, ontwikkeling en die beperkings daarvan, en gesprekke oor transformasie in verskeie sektore, wat kwessies soos ras en infrastruktuur aangeroer het.

Vanessa Mpatlanyane het haar navorsing oor swart middelklasfamilies in Mbombela, Mpumalanga, voorgelê. Haar werk, wat deel uitmaak van haar doktorale navorsing, handel oor tussengenerasiedinamiek in families. Vir haar was dit bevredigend om ’n verband te kon lê tussen haar navorsing en die algemener temas van transformasie, veerkragtigheid en toekomsgerigte denke.

Volgens Mpatlanyane was een van die hoogtepunte van “Indexing Transformation” die ondersteunende akademiese gemeenskap wat daardeur tot stand gekom het. “Dit was beslis ’n hoogtepunt om te sien hoeveel die projek studente gehelp het, nie net in hulle studie nie, maar ook deur ’n gemeenskap te bou en nadenkende akademieskap te bevorder.”

Die konferensie het nie net akademiese prestasies gevier nie, maar ook kritiese denke en groei aangemoedig. Mpatlanyane sê: "Die panele het op verskillende maniere nagedink oor die vereiste van transformasie sowel binne as buite die Universiteit. Dit het ons almal intellektueel gestimuleer en uitgedaag, en diep onder die indruk gebring van nougesette akademieskap. Dit is beslis iets wat gevier moet word.”

Angelique Michaels expressed how it marked a significant milestone in her academic journey. Attending the conference proved to be a momentous occasion for Michaels, offering a chance to reflect on her academic path and connect with the broader context of social and institutional transformation.

“The ‘Indexing Transformation’s’ closing conference has been the highlight of my academic career to date,” said Michaels, emphasising the depth of the impact the event had on her. She highlighted the unique opportunity the conference provided to not only reflect on individual academic trajectories but also to discover common threads within the research of former and current students, as well as professors from diverse disciplines who all shared a common interest in societal transformation.

A significant theme that emerged from the conference was the importance of representation, particularly the inclusion of historically marginalised perspectives within curricula, institutional climates, bureaucratic processes, and systems of evaluation, said Michaels. Prof Ronelle Carolissen, from SU’s Department of Psychology, emphasised the violence inherent in the absence of self-reflection within the institutions individuals affiliate with, and this perspective resonated throughout the discussions at the conference.

Michaels noted, “The conference was a reminder that a commitment to the kind of change and redress that the ‘Indexing Transformation’ initiative advocates, calls for an awareness of this relationship between the institution and the students it cultivates and primes.”

Michaels underlined the significance of the conference as a platform for introspection and change within academia. She praised the University’s receptivity to transformation, suggesting that for meaningful change to occur, institutions themselves must undergo the same process of transformation that they advocate for. The conference’s impact left attendees invigorated and inspired to contribute to societal change. “The experience foregrounded the pivotal role that critical engagement and intergenerational conversations play in attempts at redress, and in sustaining and working towards a legacy we can be proud of”, she said.

Namate “Indexing Transformation” einde se kant toe staan, is dit duidelik dat die program ’n blywende impak op die US se Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie gehad het: Dit het ’n nuwe geslag navorsers toegerus om die samelewing deur hulle navorsing en insigte te transformeer, en het kritiese en nadenkende akademieskap aangemoedig.

Die program loop later vanjaar ten einde.