Ter viering van Wêreldpoësiedag wens ons dr Uhuru Phalafala geluk met haar onlangse prestasies op die gebied van Afrikapoësie. Dr Phalafala is ’n buitengewone Suid-Afrikaanse digter en akademikus hier aan die Universiteit Stellenbosch.
Haar jongste boeklengtegedig, Mine Mine Mine, het pas verskyn. Die boek se temas het slaankrag: van ekstraktiewe geweld tot regenerasie, opstand, familieverbintenis, liefde, identiteit en die menslike ervaring. Dit sal vir seker ’n opskudding in die literêre wêreld veroorsaak.
Die boek word beskryf as “’n persoonlike vertelling van Uhuru Phalafala se gesin se belewing van die trekarbeidstelsel wat deur die goudmynbedryf in Johannesburg, Suid-Afrika, meegebring is. Phalafala gebruik geopoësie om geopolitiek te karteer en haar oupa se sterfte na te spoor op ’n historiese kruispunt in 2018, toe ’n klas-aksie-geding weens silikose teen die Suid-Afrikaanse mynbedryf ten gunste van die myners beslis is” [eie vertaling].
Dr Phalafala het die volgende oor haar boek te sê: “Mine Mine Mine, het pas verskyn Mine Mine Mine is die storie van my oupa, wat as trekarbeider in die Johannesburgse goudmyne gewerk het. Dit is die storie van ons kollektiewe oupas en pa’s, van ons oumas wat moes wag en ons ma’s wat ons sonder emosionele ondersteuning deur hulle mans grootgemaak het. Dit is ’n storie van meerduidige verlies, hoe dit intergenerasioneel tot uitdrukking kom; dit is ’n storie van geëkstraheerde grond en ekstraktiewe arbeid, vermenigvuldiging en rasgebaseerde kapitalistiese arbeid; dis is ’n storie oor ons, dié wat begunstig is uit daardie uitbuitende plundering van liggame wat ons geskep, in die wêreld gebring en grootgemaak het – hoe dra ons dit in ons liggame saam? Waar presies berg ons dit, en hoe haal ons asem deur die verlies, trauma, wag, afwesigheid en verlangens heen wat daarmee saamgaan?” [eie vertaling].
Die literêre gemeenskap het die verskyning van Mine Mine Mine goed ontvang Mine Mine Mine, het pas verskyn. Chris Abani (skrywer van Smoking the Bible en The Secret History of Las Vega) beskryf die boek as“’n wonderwerk in die kleine van vakmanskap: ’n intieme gedig en nietemin ook ’n epos. In die tradisie van komponiste soos Zim Jgqawana en digters soos Okot p’Bitek is hierdie werk ’n persoonlike narratief, ’n musikale opus, ’n libretto ; tegelykertyd oorspronklik en tog gewortel in die stamboom van inyosi’s, griots en imbongi’s; met perfekte samespel tussen solis en koor. ’n Ongelooflike boek wat die self, geskiedenis en onbekende dimensies – deels gees en deels mens – oorspan” [eie vertaling].
Lebogang Mashile (bekroonde digter en vertoonkunstenaar) praat so daaroor: “Mine Mine Mine, het pas verskyn Mine Mine Mine gryp my hart aan die strot en vertel die hart wie dit is … Die omvang van Phalafala se twaalf jaar lange akademiese toewyding aan die bestudering van woorde blyk duidelik uit die presisie waarmee sy haar ontsaglike soniese en literêre gawes inspan. Die oor van die gees hoor die ritmiese masjiengeluide van die myne. Dit sluit aan by die skerp kant wat Swartwees in die stad gebaar het. Phalafala begelei die leser oor die komplekse kontoere van vrouwees en die beliggaming van die land in Setswana heen, en rou oor ’n verlore sikliese verhouding met beide. Kanons van Swart feministiese geheue, musiek en pan-Afrikaanse invloede word so stewig in die bundel saamgetrek dat daar net een woord is waarmee hierdie elegante elegie bekroon kan word: ‘waarheid’” [eie vertaling].
Mine Mine Mine, het pas verskyn Mine Mine Mine is in boekwinkels en aanlyn beskikbaar, en is beslis ’n leeservaring wat niemand moet misloop wat in kontemporêre Afrikapoësie en letterkunde belangstel nie.
Dr Phalafala is ook die skrywer van Keorapetse Kgositsile and the Black Arts Movement: Poetics of Possibility en mederedakteur van Keorapetse Kgositsile: Collected Poems, 1969–2018 (Nebraska, 2023).
