Gegewe die vele uitdagings rondom hoër onderwys en die studentegemeenskap is die nuwe SR-voorsitter, Masilo Silokazi, gereed om die SR-span te lei en ’n impak aan die Universiteit Stellenbosch (US) te hê. Sy het met die kommunikasiebeampte van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe oor haar nuwe rol gesels.
Vertel ons van jouself. Waaroor is jy passievol?
Ek is Masilo Silokazi en my vriende noem my Masi. Mense vra my gereeld oor die betekenis van my naam. Dit beteken Afrika prinses. My ouers is Zoeloesprekend en ek is van Johannesburg. Ek is mal oor musiek en kitaar speel, maar ek het drie belangrike passies, naamlik werksprestasie, inhoudskepping, en leierskapontwikkeling.
Wat studeer jy en hoekom het jy die US gekies?
Deur my hele hoërskoolloopbaan was ek lief vir toneelspel, maar ek was ook ’n studente-aktivis met ’n belangstelling in regsaspekte. Ek het by verskillende universiteite aansoek gedoen, en eers toe ek ’n inligtingsaand vir voornemende studente bygewoon het, het ek besluit om ’n BA-student aan die US te word. Daar is ek geïnspireer deur een van die gegradueerdes wat haar ervaring met ons gedeel het. Tans studeer ek BA Honneurs in Drama en Teaterstudies.
Buiten jou rol as die SR-voorsitter, het jy al enige ander leierskaprolle beklee?
Ja, ek was nog altyd by leierskap betrokke. By die US het ek begin deur by die Eerstejaarskomitee in te skakel. As ’n mentor tydens die Covid-19-inperking was ek daartoe verbind om my mentees te ondersteun en aanlyn met hulle betrokke te bly. Later het ek die hoofmentor vir Venustia geword en verder was ek deel van die uitvoerende debatspan.
Hoe voel jy daaroor om die SR-voorsitter te wees en hoe het jy dit tot dusver ervaar?
It’s a lot of mixed emotions. My experience has been overwhelming and rewarding. There’s the administrative side where I’m sitting on institutional committees and working with a team of 24 SRC members. It can be overwhelming because we’re all working hard while we also have our social lives and other responsibilities. However, it is incredibly rewarding to see their goals achieved and play a part in fostering these developments. Overall, when it comes to the end of the term, I know it will be worth it to say that I contributed to SU and that I’m happy with that contribution.
Het jy enige rolmodelle en hoe het dit jou leierskapstyl beïnvloed?
Ek het nie een spesifieke rolmodel nie, maar ek probeer bepaalde eienskappe naboots wat ek in mense bewonder. In my eerste jaar het ek ’n goeie mentor gehad wat my aangemoedig het om die leierskapveld te betree. Ek het opgelet my mentor kan ’n warm en verwelkomende omgewing vir ander skep en ek wou dieselfde doen. Ek het die hoofmentor ook bewonder vir haar vermoë om met mense te netwerk en ’n gesprek met enigiemand te kan aanknoop.
Ek het ’n goeie verhouding met die hoofmentor ontwikkel en saam het ons ’n inisiatief genaamd SWAN Solidariteit begin. Tydens die inperking was soveel mense geïsoleer en sonder enige ondersteuning. Mense het toenemend gesukkel met kwessies rakende Black Lives Matter, geslagsgebaseerde geweld, en geweld op straat. Om ons solidariteit te bewys het ons SWAN Solidariteit begin.
Wat my leierskapstyl betref, floreer ek in toestande waar ’n samewerkende ruimte bestaan. Ek geniet dit om saam met my span te gaan sit, ons planne openlik te bespreek, en dan rolle aan elkeen van ons toe te ken sodat ons doeltreffend kan werk.
Wat is jou prioriteite vir die SR vanjaar?
Daar is mense in die SR-span wat briljante idees het oor hoe hulle meen die US kan transformeer. In my hoedanigheid as voorsitter wil ek hulle graag bystaan en bemagtig om die idees te kan uitvoer. Ek is passievol oor transformasie en inklusiwiteit. Ek is egter bekommerd oor queer-verteenwoordiging in die studentegemeenskap. Ons het die sogenaamde pride-inisiatiewe, maar sommige ruimtes stel nie daarin belang om aan hierdie gesprekke deel te neem nie. Dit gaan nie net oor die queer-gemeenskap nie, maar ook oor kwessies rondom ras, klas, en gestremdheid. Ek wil seker maak dat ons produktiewe gesprekke daaroor voer.
Watter uitdagings wil jy nog uitlig aan die US?
Daar is soveel uitdagings in die hoër onderwys, maar die mees aktuele kwessie op die oomblik is die NSFAS-situasie. Die perk op verblyf is ’n groot krisis en veral in die Stellenbosse konteks. Daar is nie genoeg studenteverblyf of bekostigbare verblyf nie. Ek wil graag optimisties wees en sê dat ons dalk iets aan die situasie sal kan doen. Daar is ’n taakspan wat SR-lede insluit en daaraan werk om te bepaal hoe ons hierdie kwessie kan aanroer.
Verder wil ek graag die geleenthede uitlig wat vir studente beskikbaar is. Ek hou van mikro kwalifikasies en daar is leierskapprogramme en werkswinkels waarby studente betrokke kan raak, onder meer die leierskapprogram wat SLEAK aanbied. Baie studente is onbewus van hierdie geleenthede. Ek dink dis belangrik om te kyk hoe ons dié geleenthede kan uitbrei en voorbrand daarvoor maak, terwyl ons seker maak dat studente opgewonde is daaroor.
