Studeer by ons

BA Visuele Kunste

BA Visuele Kunste

Die BA in Visuele Kunste program bied ’n wye reeks kreatiewe en opvoedkundige toepassings en berei jou voor vir loopbane in die kunswêreld. Die program behels drie strome, naamlik Skone Kunste, Visuele Kommunikasieontwerp, en Juwelierswareontwerp. Die strome maak dit moontlik om te kwalifiseer as beeldende kunstenaar, grafiese ontwerper, juwelierswareontwerper en vervaardiger, en kunsteoretikus.

R

Minimum toelatingsvereistes vir BA Visuele Kunste

  • Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of skooleindsertifikaat van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) soos gesertifiseer deur Umalusi met ’n punt van minstens 50% in vier van die skoolvakke uit die lys skoolvakke onder “Voorgraadse Programme” voor in hierdie Jaarboekdeel.
  • ’n Gemiddelde persentasie van 60% vir NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit).
  • Huistaal 50%.
  • Eerste Addisionele Taal 40%.
  • Hand a prescribed portfolio of art in by 1 September. Information is available at www.maties.com > Aansoek > Aansoekdokumente.

Bane:

  • Skone Kunste
  • Juwelierswareontwerp
  • Visuele Kommunikasie-ontwerp

NB: Die program het plek vir 60 studente.

l

Hoe doen ek aansoek?

Hierdie program volg die normale aansoekproses soos deur die Universiteit Stellenbosch uiteengesit word. Doen aanlyn aansoek en vind meer uit oor die aansoekproses by www.maties.com. Studente word aangemoedig om so vroeg as moontlik aansoek te doen om te verseker dat hul aansoeke betyds oorweeg kan word.

Navrae

Programme Leader: Prof E Gunter
eg@sun.ac.za

 

Kom meer te wete deur die aanlyn Opedag hier te besoek.