Studeer by ons
BA Taal en Kultuur
BA Taal en Kultuur
Die BA (Taal en Kultuur) program is ’n algemene program in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die program stel studente in staat om uit ’n wye reeks vakke te kies. Die program berei jou voor vir taal en kultuurverwante beroepe soos in die onderwys, die uitgewers en die boekbedryf, joernalistiek en die media, die diplomatieke diens, toerisme, die vertaalbedryf, en die musiek en teaterwêreld. Moontlike loopbaangeleenthede sluit in: taalpraktisyn, onderwyser, uitgewer, bibliotekaris, redakteur, kopieskrywer, inhoudskepper, joernalis, sielkundige, vertaler, en tolk.
Minimum toelatingsvereistes vir BA Taal en Kultuur
- Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of skooleindsertifikaat van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) soos gesertifiseer deur Umalusi met ’n punt van minstens 50% in vier van die skoolvakke uit die lys skoolvakke onder “Voorgraadse Programme” voor in hierdie Jaarboekdeel.
- ’n Gemiddelde persentasie van 63% vir NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit).
- ’n Gemiddelde persentasie van 60-62,9% vir NSS (Lewensoriëntering uitgesluit) indien jy die Verlengde Graadprogram (vierjarig) volg.
- Huistaal 50%.
- Eerste Addisionele Taal 50%
Programstruktuur
Hoe doen ek aansoek?
Hierdie program volg die normale aansoekproses soos deur die Universiteit Stellenbosch uiteengesit word. Doen aanlyn aansoek en vind meer uit oor die aansoekproses by www.maties.com. Studente word aangemoedig om so vroeg as moontlik aansoek te doen om te verseker dat hul aansoeke betyds oorweeg kan word.
Navrae
Programleier: Prof A Visagie
avisagie@sun.ac.za
Kom meer te wete deur die aanlyn Opedag hier te besoek.
