Studeer by ons
BA Drama- en Teaterstudie
BA Drama- en Teaterstudie
Die BA (Drama en Teaterstudie) program berei jou voor vir ’n loopbaan in die teater , radio , film , en TV bedryf. Hier is ’n aantal moontlike loopbaangeleenthede: akteur, danser, regisseur, ontwerper (kostuum, stel, beligting, klank), verhoogbestuurder, dramaturg, dramaterapeut, drama onderwyser, kunsadministrateur, fees en kultuursakebestuurder, bemarking en skakelwerk, talent of rolverdelingsagent, dramakritikus, of joernalis.
Minimum toelatingsvereistes vir BA Drama- en Teaterstudie
- Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of skooleindsertifikaat van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) soos gesertifiseer deur Umalusi met ’n punt van minstens 50% in vier van die skoolvakke uit die lys skoolvakke onder “Voorgraadse Programme” voor in hierdie Jaarboekdeel.
- ’n Gemiddelde persentasie van 65% vir NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit).
- Huistaal 60%
- Eerste Addisionele Taal 50%
- Keuringsvereistes beskikbaar by www.maties.com > Aansoek > Aansoekdokumente
- Kandidate moet gedurende Augustus beskikbaar wees vir ’n oudisie en/of onderhoud by die Drama departement in Stellenbosch.
Bane:
- Toneelspel en Performance-opleiding
- Tegniese en Bestuursopleiding
Programstruktuur
Hoe doen ek aansoek?
Hierdie program volg die normale aansoekproses soos deur die Universiteit Stellenbosch uiteengesit word. Doen aanlyn aansoek en vind meer uit oor die aansoekproses by www.maties.com. Studente word aangemoedig om so vroeg as moontlik aansoek te doen om te verseker dat hul aansoeke betyds oorweeg kan word.
Navrae
Programleier: Dr SW van der Merwe
schalkw@sun.ac.za
Kom meer te wete deur die aanlyn Opedag hier te besoek.
