Studeer by ons

BA Ontwikkeling en Omgewing

BA Ontwikkeling en Omgewing 

 Die BA (Ontwikkeling en Omgewing) program is ’n gespesialiseerde program in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die program wil jou leer hoe die interaksie tussen gemeenskappe en die natuurlike omgewing werk deur prosesse wat met ekonomiese en sosioëkonomiese ontwikkeling verband hou. Hier is ’n aantal moontlike loopbaangeleenthede: navorser, geografiese inligtingstelsel (GIS )tegnikus, landboukundige landmeter, stadsbeplanner, omgewingsimpakasseseringskonsultant, omgewingsbestuursbeampte in regeringsektor, onderwyser, vleilandkundige, ramprisikobestuurder, omgewingsterreinbeampte, hommeltuig vlugoperateur, vaste afvalbestuurskonsultant, akademikus, en projekbestuurder.

R

Minimum toelatingsvereistes vir BA Ontwikkeling en Omgewing

  • Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of skooleindsertifikaat van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) soos gesertifiseer deur Umalusi met ’n punt van minstens 50% in vier van die skoolvakke uit die lys skoolvakke onder “Voorgraadse Programme” voor in hierdie Jaarboekdeel.
  • ’n Gemiddelde persentasie van 63% vir NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit).
  • ’n Gemiddelde persentasie van 60-62,9% vir NSS (Lewensoriëntering uitgesluit) indien jy die Verlengde Graadprogram (vierjarig) volg.
  • Huistaal 50%.
  • Eerste Addisionele Taal 40%.
  • Indien jy Sosio-Informatika as universiteitsvak wil neem, dan ook Wiskunde 50% OF Wiskundige Geletterdheid 70%
  • Indien jy Ekonomie as universiteitsvak wil neem, dan ook Wiskunde 60%.
l

Hoe doen ek aansoek?

Hierdie program volg die normale aansoekproses soos deur die Universiteit Stellenbosch uiteengesit word. Doen aanlyn aansoek en vind meer uit oor die aansoekproses by www.maties.com. Studente word aangemoedig om so vroeg as moontlik aansoek te doen om te verseker dat hul aansoeke betyds oorweeg kan word.

Navrae

Programleier: Dr S Williams
samanthawilliams@sun.ac.za

 

Kom meer te wete deur die aanlyn Opedag hier te besoek.