Studeer by ons

BA Geesteswetenskappe

BA Geesteswetenskappe

Die BA (Geesteswetenskappe) program is ’n algemene program in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die program stel studente in staat om uit ’n wye reeks vakke op die gebied van menslike denke, taal, kultuur, kuns, mense, en die samelewing te kies. Die program bied toegang tot ’n verskeidenheid loopbane deur jou te leer om analities en krities te dink, lees en skryf, probleme uit te wys, effektief te kommunikeer, en op veranderende sosiokulturele eise en omstandighede te reageer. Met verdere nagraadse studie is daar ’n paar potensiële beroepsgeleenthede vir jou: sielkundige, filosoof, sosioloog, antropoloog, historikus, kopieskrywer, redakteur, taalpraktisyn, onderwyser, joernalis, bibliotekaris, en inligtingskundige.

R

Minimum toelatingsvereistes vir BA Geesteswetenskappe

  • Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of skooleindsertifikaat van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) soos gesertifiseer deur Umalusi met ’n punt van minstens 50% in vier van die skoolvakke uit die lys skoolvakke onder “Voorgraadse Programme” voor in hierdie Jaarboekdeel.
  • ’n Gemiddelde persentasie van 63% vir NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit).
  • ’n Gemiddelde persentasie van 60-62,9% vir NSS (Lewensoriëntering uitgesluit) indien jy die Verlengde Graadprogram (vierjarig) volg.
  • Huistaal 50%.
  • Eerste Addisionele Taal 40%.
  • Indien jy Sosio-Informatika as universiteitsvak wil neem, dan ook Wiskunde 50% OF Wiskundige Geletterdheid 70%

Bane:

  • Die mens se Denke, Taal, Kultuur en Kuns
  • Die Mens en die Samelewing
l

Hoe doen ek aansoek?

Hierdie program volg die normale aansoekproses soos deur die Universiteit Stellenbosch uiteengesit word. Doen aanlyn aansoek en vind meer uit oor die aansoekproses by www.maties.com. Studente word aangemoedig om so vroeg as moontlik aansoek te doen om te verseker dat hul aansoeke betyds oorweeg kan word.

Navrae

Programleier: Dr L Mongie
laurenm@sun.ac.za

 

Kom meer te wete deur die aanlyn Opedag hier meer..