{"id":9394,"date":"2024-07-24T12:08:26","date_gmt":"2024-07-24T12:08:26","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=9394"},"modified":"2025-03-17T22:07:07","modified_gmt":"2025-03-17T22:07:07","slug":"philosophy-lecturer-msimang-chairs-su-conference-on-race-human-categorisation-and-science","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2024\/07\/24\/philosophy-lecturer-msimang-chairs-su-conference-on-race-human-categorisation-and-science","title":{"rendered":"Filosofiedosent, Msimang, Dien as Voorsitter vir US se Konferensie oor Ras, Menslike Kategorisering en die Wetenskap"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die Universiteit Stellenbosch (US) was op 12 en 13 Junie 2024 die gasheer van \u0149 konferensie met die titel, \u201cControversies in the use of race and other human categorisations in the South African higher education sector\u201d (Omstredenheid oor die gebruik van ras en ander kategoriserings in die Suid-Afrikaanse ho\u00ebronderwyssektor). Hierdie konferensie het plaasgevind by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) en is gere\u00ebl deur die Universiteit se Komitee vir die Institusionele Reaksie op die (Khampepe-) Kommissie (CIRCoRe) se werkstroom wat sake met betrekking tot ras, menslike kategorisering en die wetenskap (RMKW) hanteer.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-9398 aligncenter\" src=\"https:\/\/arts.sun.ac.za\/files\/2024\/07\/Phila-Msimang-262x300.jpg\" alt=\"\" width=\"262\" height=\"300\" \/><\/p>\n<p>Phila Msimang, senior dosent in die Departement Filosofie in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, staan aan die hoof van die RMKW-werkstroom.<\/p>\n<p>Msimang, wat, onder andere, navorsing oor die filosofie van ras en die meegaande kwessies daarvan doen en dit doseer, was die voorsitter van die verrigtinge van die konferensie.<\/p>\n<p>\u201cEk kyk na hoe groepsbeskrywers soos ras en etnisiteit in verskillende kontekste gebruik word,\u201d het Msimang oor sy navorsing ges\u00ea.\u201cEk stel hoofsaaklik belang in die gebruik daarvan in die wetenskap en hoe daardie gebruike met maatskaplike probleme verband hou. As sodanig, is wetenskaplike rassisme en die erflatings daarvan in hedendaagse dissiplines, die gebruik van rasseklassifikasies in gesondheid en hoe dit met ongelykheidsnavorsing verband hou, die gebruik van rasseklassifikasies in beleid, en so meer, sommige van die onderwerpe wat ek aanpak.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-9400 aligncenter\" src=\"https:\/\/arts.sun.ac.za\/files\/2024\/07\/CirCorConference2Day-033-300x200.jpeg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"200\" \/><\/p>\n<p>Die konferensie is aangebied as voltallige sessies wat aanbiedings en paneelbesprekings ingesluit het. Die hoofsprekers by die konferensie <strong>keynote spea<\/strong><strong>\u200b\u200b<\/strong><strong>was<\/strong> professor Crain Soudien, emeritus professor van opvoeding en Afrikastudies aan die Universiteit van Kaapstad, wat sy toespraak op 12 Junie gelewer het, en professor Jonathan Jansen, uitgelese professor in die Fakulteit Opvoedkunde aan die US, wat die hoofrede op 13 Junie gelewer het.<\/p>\n<p>Die konferensiegehoor was nogal divers. Die grootste deel van die gehoor het bestaan uit mense in ho\u00ebr onderwys, soos personeel en studente, maar daar was ook gemeenskapsverteenwoordiging deur aktiviste en ander belanghebbende partye. Die afgevaardigdes na die konferensie was akademici, studenteleiers, personeel en lede van die groter ho\u00ebronderwysgemeenskap.<\/p>\n<p>Msimang het opgemerk dat daar \u0149 groot vraag was na \u0149 konferensie wat die kwessies ter tafel kon ondersoek. \u201cDie konferensie het mense byeengebring wat in verskillende ruimtes aan soortgelyke probleme werk, op \u0149 wyse wat hulle help om gebiede te vind waar hulle kan saamwerk om die kwessies wat vir hulle van belang is, te takel,\u201d het hy bygevoeg.<\/p>\n<p>\u201cDit is op platforms en by omgang van hierdie aard dat ons leer dat daar talle groot navorsingsinisiatiewe in die ho\u00ebronderwyssektor en aan die US in die besonder, aan die gebeur is, wat ten doel het om rasseongelykhede aan te pak,\u201d het Msimang ges\u00ea. \u201cHierdie inisiatiewe word bedryf uit die perspektief van verskillende dissiplines, van sosiologie tot kliniese anatomie of ingenieurswese. Die aanbod van die konferensie was dus op hierdie wyse multidissiplin\u00ear. Die uitdaging wat vir ons oorbly, is om werklik transdissiplin\u00eare werk te vestig wat probleemgedrewe is en kan put uit kundigheid oor dissiplines heen, eerder as net sover as wat spesifieke dissiplin\u00eare beperkings toelaat.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-9404 aligncenter\" src=\"https:\/\/arts.sun.ac.za\/files\/2024\/07\/CirCorConference-01-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"200\" \/><\/p>\n<p>Dit is egter nog nie die einde van die pad ten opsigte van die konferensietemas en fokusgebiede nie. Kleiner geleenthede vir verskillende omgewings word vir die US beplan, om die besprekings wat tydens die konferensie begin het, voort te sit. \u0149 Internasionale konferensie oor soortgelyke temas word ook vir 2025 beplan.<\/p>\n<p>Mnr Phila Msimang is die hoof van CIRCoRe-werkstroom wat sake met betrekking tot ras, menslike kategorisering en die wetenskap (RMKW) hanteer en \u0149 senior dosent in die Departement Filosofie. Hy was \u0149 mede-organiseerder en ook die aanbieder van die konferensie.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Stellenbosch University (SU) hosted a conference, entitled, \u201cControversies in the use of race and other human categorisations in the South African higher education sector&#8221; on 12 and 13 June 2024. This conference was held at the Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS) and was organised by the university\u2019s Committee for the Institutional Response to [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":13109,"featured_media":9396,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256,160,195],"tags":[],"class_list":["post-9394","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news","category-notices","category-stellenbosch-university"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9394","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/13109"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9394"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9394\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":9410,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9394\/revisions\/9410"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9396"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9394"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9394"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9394"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}