{"id":4873,"date":"2023-07-28T10:35:36","date_gmt":"2023-07-28T10:35:36","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=4873"},"modified":"2023-07-28T10:38:44","modified_gmt":"2023-07-28T10:38:44","slug":"su-celebrates-academic-excellence-at-the-sasa-conference","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2023\/07\/28\/su-celebrates-academic-excellence-at-the-sasa-conference","title":{"rendered":"US vier akademiese uitnemendheid by SASV-konferensie"},"content":{"rendered":"<p>Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) wens met trots vir Shaka Kenyu Bob geluk met die prys vir Beste Essay wat hy by die 28<sup>ste<\/sup> konferensie van die Suid-Afrikaanse Sielkundevereniging (SASV) verower het. Die konferensie is van 5 tot 7 Julie by die Universiteit van Zululand gehou.<\/p>\n<p>Bob, \u2019n toegewyde doktorale student aan die US se Departement Sielkunde en Sosiale Antropologie, het \u2019n navorsingsreferaat gelewer oor openbare ruimtes en informele werk, en hoe solidariteitsbewegings onder vroueleiding daartoe bydra om sosiale gesprek en ordentlike werk in Suid-Afrika te bevorder (Public space and informal employment: The contribution of women-led solidarity movements in promoting social dialogue and decent work in South Africa). Sy navorsing ondersoek die nuwe metodes van organisering wat vrouehandelaars tans by die vervoerwisselkruising in Bellville, Kaapstad, ontwikkel en werp lig op hulle deurslaggewende rol in die informele ekonomie.<\/p>\n<p>Bob s\u00ea oor sy referaat dat daar nie veel literatuur oor die bydrae van informelehandelaars-organisasies in die Suid-Afrikaanse konteks is nie. Die oogmerk met die navorsing is om party dinge wat voetsoolvlak-organisasies vermag het, uit te lig en sodoende te verseker dat informele werkers se regte gerespekteer word. Sy navorsing put inspirasie uit die Self-Employed Women\u2019s Association (\u2019n vereniging vir vroue wat hulle eie werkgewer is), \u2019n koersverskuiwende sosiale beweging wat in Indi\u00eb tot stand gekom het. Gandhi-navolger en menseregteleier Ela Bhatt het dit in 1972 gestig om arm vroue wat in die informele sektor werk, te bemagtig. Bob se werk verskaf \u2019n platform waarop invloedryke beyweraars vir informele werk in Suid-Afrika \u2013 asook hulle onderskeie organisasies \u2013 gevier kan word; figure soos die oorlede Simon Mbata, Pat Horn, Rosheda Muller en Maggy Frederick.<\/p>\n<p>Die SASV-konferensie was instrumenteel daarin dat die skerpste breine in die sielkunde erkenning ontvang en gevier word. Bob se akademiese toewyding het daartoe bygedra om \u2019n sosiologiese begrip te ontwikkel van hoe wetgewing die groei en volhoubaarheid van informele ondernemings in Suid-Afrika raak. Die referaat sal in die gesiene vaktydskrif <em>South African Review of Sociology<\/em>\u00a0(SARS) gepubliseer word.<\/p>\n<p>Oor hierdie erkenning s\u00ea Bob: \u201cEk is bly dat my werk erkenning geniet, want ek het baie jare van my loopbaan daaraan gewy om die belangrikheid van informele werk in die Globale Suide te bevorder. Ek wil ook graag my promotors, prof Bernard Dubbeld en prof Lindy Heinecken, vir hulle toewyding aan hierdie navorsingsprojek bedank\u201d (eie vertaling).<\/p>\n<p>Bob se navorsing het alreeds \u2019n impak gehad deurdat informele handelaars met die Stad Kaapstad vergader het om beter werksomstandighede te bepleit. Hy beklemtoon dat Suid-Afrika wetgewing oor informele werkers nodig het om die regte te beskerm van werkers wat nie binne die tradisionele werkgewer-werknemer-verhouding inpas nie.<\/p>\n<p>Ook dr Jantjie Xaba het \u2019n besondere prestasie behaal. Di\u00e9 dosent aan die Departement Sielkunde en Sosiale Antropologie is as President tot die Uitvoerende Raad van die SASV verkies, wat van sy toewyding en kundigheid op die gebied van die sielkunde getuig. Nomzamo Portia Ntombela, \u2019n PhD-kandidaat in Sosiologie aan die US, sal as SASV-sekretaris by dr Xaba aansluit. Nog \u2019n departementele kollega, Dr Claire-Anne Louise Lester, is ook tot die Raad verkies.<\/p>\n<p>Dr Xaba was bly om te kan opmerk dat \u201cdie US goed by die Konferensie verteenwoordig is \u2013 deur vier personeellede, vier nadoktorale studente, vier PhD-studente en nege magisterstudente. Dis \u2019n heerlike gevoel om deur die lede van die dissipline erken te word vir die entoesiasme en bydrae wat ek sedert my honneursjare bel\u00ea het. Die goeie nuus is dat die SASV se volgende konferensie, die 29<sup>ste<\/sup> ste, by die US gehou gaan word\u201d (eie vertaling).<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>The Faculty of Arts and Social Sciences at Stellenbosch University (SU) proudly congratulates Shaka Keny Bob on being awarded the Best Essay Prize in the doctoral category at the 28th South African Sociological Association\u2019s (SASA) Conference. The Conference was held at the University of Zululand from 5 to 7 July 2023. Bob, a dedicated doctoral [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":11681,"featured_media":4885,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-4873","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4873","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11681"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4873"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4873\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4882,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4873\/revisions\/4882"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4885"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4873"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4873"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4873"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}