{"id":4523,"date":"2023-05-29T13:17:47","date_gmt":"2023-05-29T13:17:47","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=4523"},"modified":"2023-05-29T13:18:01","modified_gmt":"2023-05-29T13:18:01","slug":"prof-gabeda-baderoon-delivers-poignant-africa-day-lecture","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2023\/05\/29\/prof-gabeda-baderoon-delivers-poignant-africa-day-lecture","title":{"rendered":"Prof Gabeda Baderoon lewer aangrypende Afrikadag-lesing"},"content":{"rendered":"<p>\u201cOns moet die universiteit se ruimte opeis, want dit is ons kollektiewe skat. Die universiteit self word verryk wanneer dit almal erken wat behoort. Dit word minder en verarm wanneer dit ooreenkomstig die uitsluitingslyne leef wat oorge\u00ebrf is.\"<\/p>\n<p>Hierdie was een van die betekenisvolle insigte wat prof Gabeda Baderoon met die gehoor in \u0149 volgepakte saal van die Stellenbosch-museum gedeel het toe sy op Maandag, 22 Mei, die vyfde Jaarlikse Afrikadag-lesing gelewer het.<\/p>\n<p>Die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), prof Wim de Villiers, is die gasheer van hierdie jaarlikse lesing en dit word deur die Sentrum vir die Bestudering van die Nagevolge van Geweld en die Strewe na Herstel (NGeSH) en die Sentrum vir Medewerking in Afrika geko\u00f6rdineer.<\/p>\n<p>Die titel van Baderoon se toespraak was \u201cDie Universiteit en sy Hinterland: \u0149 Reli\u00ebfkaart\" en sy het geput uit herinneringe, die geskiedenis en ontledende beskouings om oor die akademie en die betekenis daarvan in die era n\u00e1 apartheid te besin. Sy het die gehoor geboei met die voorlesing van twee baie persoonlike gedigte om haar verkenning van die historiese afstande en gespanne intimiteite van die akademiese landskap in Suid-Afrika te kontektualiseer.<\/p>\n<p>Baderoon is \u0149 hoog aangeskrewe digter en vakkundige, asook \u0149 buitengewone professor in Engels aan die US, \u0149 genoot aan die Stellenbosch-instituut vir Gevorderde Studie en tans die Sarah Baartman- senior genoot aan die Universiteit van Kaapstad (UK).\u00a0<em>Sy het drie digbundels op haar kerfstok en is die outeur van die grensverskuiwende boek Regarding Muslims: From Slavery to Post-Apartheid.<\/em>.<\/p>\n<p>Baderoon is die mededirekteur van die African Feminist Initiative aan die Staatsuniversiteit van Pennsilvani\u00eb, waar sy \u0149 medeprofessor in vroue-, gender- en seksualiteitstudies, Afrikastudies en vergelykende letterkunde is.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hinterland<\/strong><\/p>\n<p>\u201cDie grootste skat van die universiteit is die lewende deel daarvan, die ontasbare deel. Dis waaroor ek wil praat as ek oor die universiteit en sy hinterlande dink,\" het Baderoon ges\u00ea. Sy het die lesing aan haar ma opgedra, oor wie sy \u0149 outobiografie skryf.<\/p>\n<p>\u201cIn die vroe\u00eb dae van apartheid was my ma \u0149 mediese student aan die Universiteit van Kaapstad. Sy was die eerste lid van haar gesin wat universiteit toe is en het as die jongste dogter van \u0149 Moslem-werkersklasgesin medies gaan studeer. My ma beliggaam die idee van \u0149 lewende skat. Ek doen \u0149 beroep op almal van julle om oor jul intellektuele outobiografie\u00eb na te dink. Almal van ons in hierdie kamer \u2013 studente; diegene wat by universiteite klasgee en werk; en gegradueerdes van universiteite. Hoe het ons hier gekom? Hoe het ons deurgekom? En wat doen ons met \u0149 geskenk wat ons van \u0149 plek soos hierdie ontvang?\"<\/p>\n<p>Die verkenning van ons intellektuele outobiografie\u00eb sal ons in staat stel om \u0149 universiteit vir ons huidige posttraumatiese tyd te prakseer, het Baderoon aangevoer.<\/p>\n<p>Sy het haar eie ervaring aan die UK in die laat 1980's met di\u00e9 van haar ma vergelyk. Sy het baie oomblikke van woede, weersin en weerstand as \u0149 student beleef, het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Vuyani Manele, \u0149 administrateur van die UK se nagraadse beurskantoor, is die mens wat die koers van haar loopbaan verander het. Hy het in 1998 aan al die deure van nagraadse studente in die kunsgebou op kampus kom klop,  veral aan di\u00e9 van swart studente, om ons uit te nooi om vir genootskappe aan prestigeryke instellings aansoek te doen.<\/p>\n<p>Die optrede van een administrateur wat die moeite gedoen om na swart studente uit te reik\u200b het \u0149 diepgaande impak op haar lewe gehad, het sy ges\u00ea. Om die een individu te vereer aan wie sy soveel vir haar opvoeding verskuldig is, is \u0149 erkenning dat toegang tot die akademiese hinterland deur brugbouers bewerkstellig word wat veel meer as net hul plig doen.<\/p>\n<p>Baderoon het die verskillende lae van die woord \u201chinterland\" blootgel\u00ea om \u0149 plek aan te dui wat ossileer, wat ver \u00e9n intiem kan wees. \u201cAs jy daaroor nadink, het elke plek \u0149 hinterland, maar is dit ook \u0149 hinterland van \u0149 ander plek. Op \u0149 manier vra \u0149 hinterland jou dus waar behoort jy?. En waar is jou ander plek? Waar is die plek wat naby aan jou is, en waar is die plek wat vir jou ver voel?\"<\/p>\n<p>Sy het die gehoor uitgedaag om na te dink oor wat as die US se hinterland beskou kan word. \u201cKan dit die omringende plase wees? Kan dit Idasvallei wees? Kan dit Kayamandi wees\u2026?\"<\/p>\n<p><strong>Afrika-intellektueel<\/strong><\/p>\n<p>Sy het \u0149 roerende herinnering met die gehoor gedeel van toe sy net n\u00e1 die einde van spoorwegapartheid op \u0149 trein was. \u201cEk was die enigste swart mens in die wa. Ek het op \u0149 baie doelbewuste manier gesit. Ek wou my liggaam op \u0149 plek sit waar dit nie gelyk het of dit hoort nie.\u00a0<em>\u201cTerwyl ek daar gesit het, het ek \u0149 gesprek aangehoor waarin \u0149 man vir \u0149 vrou ges\u00ea het: 'Hulle het geen geskiedenis nie. Hulle het geen letterkunde nie.'<\/em>\u00a0Die gesprek het op hierdie trant voortgegaan en ek was absoluut woedend. Ek het nie woorde gehad waarmee ek hom kon weerspreek nie. Ek het nie geweet hoe om terug te antwoord nie. En toe het ek daardie woede na klasse oor Afrika-letterkunde en Afrika-geskiedenis geneem sodat ek altyd voorbereid sou wees. Dit was \u0149 keerpunt in my intellektuele ontwikkeling.\" \u200b<\/p>\n<p>Baderoon skryf haar intellektuele bevryding aan twee groepe toe: feministiese lektore aan die UK en die Women of Colour Consciousness Raising (WCCR), \u0149 groep van jong swart vroue wat in die 1990's deur studente gestig is om nagraadse studente aan al die universiteite in die Wes-Kaap te ondersteun.<\/p>\n<p>\u201cOns het ons energie saamgesnoer en \u0149 ruimte geskep waar iets visioen\u00ear kon gebeur. Wat ons gedoen het, was om mekaar se werk te lees om die radikale idees te ondersteun waarvoor daar nie in die amptelike deel van die universiteit \u0149 tuiste was nie. Ons het ook ons liggame na ruimtes geneem wat nie swart intellektuele uitnemendheid erken het in die vorm wat ons verteenwoordig het nie.<\/p>\n<p>\u201cIn 1988 het ons die eerste Afrikanistiese, swart feministiese konferensie op die vasteland geskep. Ons het onsself in \u0149 instelling omskep omdat die transformerende energie van so \u0149 groep nie net vir die lede daarvan sigbaar moet word nie.\n\n\u201c\u0149 Gedeelte van wat mens as \u0149 lewende deel van \u0149 instelling doen, is om nodusse van visioen\u00eare praktyke te skep, maniere om idees uit te broei wat nog nie \u0149 tuiste in die amptelike gange van die universiteit het nie,\" het Baderoon ges\u00ea.<\/p>\n<p>Nog \u0149 keerpunt was om \u0149 talent vir po\u00ebsie te ontdek, het Baderoon vertel. In \u0149 poging om afleiding van haar akademiese werk te vind en weens \u0149 \u201chunkering waarvoor sy nie woorde gehad het nie\", het sy by \u0149 po\u00ebsie-skryfklas aangesluit. Dit het haar in staat gestel om die \u201congelooflike bevryding\" te ervaar om \u0149 volslae beginner in \u0149 nuwe dissipline te wees terwyl sy haar PhD voltooi het.<\/p>\n<p>Baderoon het haar lesing afgesluit met haar gedig \u201cThe History of Intimacy\", wat met \u0149 aangrypende vers eindig:<\/p>\n<p><em>In 1988 at Crawford train station, my brother and I find a blue<\/em><\/p>\n<p><em>plank hand-painted in yellow letters:<\/em><\/p>\n<p><em>\u201cNon-Whites Only\u201d on one side<\/em><\/p>\n<p><em>\u201cWhites Only\u201d on the other<\/em><\/p>\n<p><em>thrown away by the fence next to the tracks.<\/em><\/p>\n<p><em>Picking it up, we see the two sides<\/em><\/p>\n<p><em>of the sign lay back to back,<\/em><\/p>\n<p><em>each half resting against its opposite,<\/em><\/p>\n<p><em>intimate and inverse<\/em><\/p>\n<p><em>but unknown to each other.<\/em><\/p>\n<p><em>We knew this was history<\/em><\/p>\n<p><em>someone had made by hand then hidden<\/em><\/p>\n<p><em>and tried to forget. We bring it home<\/em><\/p>\n<p><em>and come across it sometimes in a corner<\/em><\/p>\n<p><em>when we're looking for something else.<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\">Aan die einde van Baderoon se lesing het twee US-professore opmerkings gemaak wat haar kernboodskap in dialoog gebring het met die deurslaggewende rol wat die Universiteit as \u0149 plek van verandering en transformasie van kennis kan speel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Prof Pumla Gobodo-Madikizela, Direkteur van die NGeSH, het die vraag wat Baderoon gestel het met haar storie oor haar treinrit in \u0149 voorheen wit treinwa met die lewe aan die US in verband gebring. Sy het aan die hand gedoen dat die storie swart studente en personeellede uitdaag om \u201copnuut op hul reg aanspraak te maak\u201d om by die US te wees \u2013 \u0149 plek waar hulle in sommige se o\u00eb \u201cnie veronderstel is om te behoort nie\u201d.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Prof Kopano Ratele (Departement Sielkunde) het gevra wat dit sou verg om \u0149 swart vroulike groep by die US te vestig soos die WCCR wat Baderoon in haar tyd as \u0149 nagraadse student onderskraag het. Sy het geantwoord dat so \u0149 groep lewensnoodsaaklik is. \u201cDie kollektief is die antwoord. Ek sal baie graag \u0149 swart feministiese koalisie op Stellenbosch wou sien. Hoe sou dit lyk? Kom ons beantwoord di\u00e9 vraag saam.\u201d\u200b<\/p>\n<div class=\"SUN_article_auth\"><strong>Outeur:<\/strong>\u00a0Korporatiewe Kommunikasie &amp; Bemarking<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cWe need to claim the space of the university because it is a collective treasure to us all. The university itself becomes enriched when it recognises all who belong. It diminishes and impoverishes itself when it lives along the lines of exclusion that it inherited.&#8221; This was one of the profound insights Prof Gabeda Baderoon [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":11681,"featured_media":4526,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-4523","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4523","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11681"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4523"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4523\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4529,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4523\/revisions\/4529"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4526"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4523"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4523"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4523"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}