{"id":3367,"date":"2023-03-29T06:54:20","date_gmt":"2023-03-29T06:54:20","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=3367"},"modified":"2023-03-29T06:55:08","modified_gmt":"2023-03-29T06:55:08","slug":"sa-jazz-master-can-now-add-a-phd-to-his-accolades","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2023\/03\/29\/sa-jazz-master-can-now-add-a-phd-to-his-accolades","title":{"rendered":"SA-jazzmeester kan nou PhD by sy akkolades voeg"},"content":{"rendered":"<p>Een van Suid-Afrika se voorste musikante het vandeesweek sy doktorsgraad by die Universiteit Stellenbosch (US) se Maart-gradeweek ontvang. Die pianis, komponis, musiekregisseur, opvoeder en navorser, Nduduzo Makhathini, is 'n toonaangewende kunstenaar op die Suid-Afrikaanse jazz-front wat reeds met baie toekennings spog. En nou kan hy nog 'n titel byvoeg \u2013 dr Makhathini.<\/p>\n<p>Die bekroonde musikant reis gereeld oorsee en is een van die eerste Suid-Afrikaanse jazz-musikante wat deur 'n kontrak met die toonaangewende Blue Note-jazzmusiekplatemaatskappy gesluit het. Makhathini het ook al met verskeie bekende kunstenaars soos Wynston Marsalis, Shabak Hutchings, Nasheet Waits, Somi en Black Coffee meegewerk.<\/p>\n<p>Afgesien van sy baie optredes, is hy ook hoof van die Universiteit van Fort Hare se Musiekdepartement. Makhathini het by die US 'n ge\u00efntegreerde PhD gevolg wat na grade verwys waar artistieke praktyk en skryfwerk as twee modaliteite gebruik word om 'n enkele navorsingsprojek onderling te rig en te artikuleer.<\/p>\n<p>Makhathini, wat van uMgungundlovu in KwaZula-Natal afkomstig is, beskryf homself 'n geneser, improviseerder en 'n vakkundige. \u201cEk stel in improvisasies in Suid-Afrikaanse jazz belang en gaan met spiritualiteit om. Dit spruit voort uit my grootwordjare in 'n musikale gesin en gemeenskap en die se\u00ebning om in 'n rituele konteks meer van klank te kon leer. Hierdie belangstellings het tot 'n lang soeke w\u00eareldwyd gelei,\" verduidelik hy.<\/p>\n<p>Makhathini s\u00ea hy sou nie sy navorsing sonder die ondersteuning van sy gesin, sy kollegas by Fort Hare en sy vriende kon voltooi nie. \u201cEk het hierdie PhD geskryf terwyl ek getoer het, so tussendeur klanktoetse en gesprekke met ongelooflike denkers en kunstenaars van regoor die w\u00eareld.\" Hy is ook dankbaar vir geestelike inspirasie. \u201cEk bied in my navorsing die idee van skryf as 'n ritueel aan. In hierdie konteks beskou ek skryf se geestelike paradigma as 'n aktiewe plek vir openbaringe en profesie\u00eb, so ek wil ook die dimensie bedank wat ek in my werk as 'elders' beskou.\"<\/p>\n<p>Makhathini is vol lof vir sy studieleiers by die US, prof Stephanus Muller, dr Stephanie Vos en dr Uhuru Phalafala. \u201cHulle het 'n reuserol gespeel om my te help om my idees te laat vorm aanneem en te kristaliseer,\" s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Sy vrou, Omagugu Makhathini, en sy ma, Nomajerusalema Makhathini, het hom na sy doktorale gradeplegtigheid by die Coetzenburg-stadion vergesel. \u201cHierdie gradeplegtigheid beteken so baie vir ons as gesin en ons is baie opgewonde,\" s\u00ea hy. \u201cOns glo in die gemeenskaplike en vir ons is dit 'n produk wat my herkoms verteenwoordig en erkenning gee aan ons stamboom.\"<\/p>\n<p>Die Makhathinis beplan om na afloop van die gradeplegtigheid by 'n spesiale aandete op Stellenbosch fees te vier, gevolg deur 'n ontbyt saam met sy studieleiers die volgende dag. \u201cEn wanneer ek weer tuis is, sal ek dit saam met my kinders vier. Maar die beste manier om dit te vier, is om meer te skryf en meer navorsing te doen. Ek is ge\u00efnspireerd om vooruit te beweeg met die navorsing en om die vrae te ondersoek wat verder strek as die omvang van 'n PhD-dissertasie,\" s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Makhathini was 'n student by die Africa Open Instituut vir Musiek, Navorsing en Innovasie in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan die US. Sy doktorale projek, getiteld \u201cBreaking into Sound: Dis\/Locating Ntu Cosmology and Improvision in South African Jazz\", is diep gewortel in Zoeloe-kosmologie. Hierdie w\u00eareldsiening is grootliks afwesig in die literatuur oor Suid-Afrikaanse jazz, 'n leemte wat Makhathini se PhD aanspreek deur ten gunste van die belangrikheid van Afrika-kosmologie en -epistemologie te redeneer as 'n lens om Suid-Afrikaanse jazz te verstaan.<\/p>\n<p>Makhathini het 'n spesifiek Afrika-gesentreerde benadering gevolg om deur sy navorsing 'n raamwerk te ontwikkel deur te put uit die literatuur oor Afrika-kosmologie\u00eb en rituele, met die werk van Philip Tabane, Busi Mhlongo, Bheki Mseleku en Zim Ngqawana as gevallestudies van musikante waarin spiritualiteit sentraal staan, asook sy eie artistieke praktyke as improviseerder en geneser.<\/p>\n<p>\u201cEk is uiters ge\u00efnspireer deur die genesende en motiverende eienskappe van die Zoeloe- of Afrika-kryger se kode. My musiekstyl kan as 'n fusion van spirituele jazz en moderne vormgewing met my Zoeloe-erfenis beskryf word.<\/p>\n<p>Makhathini het sedert 2014 \u2013 toe hy Gundu Entertainment saam met sy vrou op die been gebring het \u2013 agt albums vrygestel. Danksy die sukses van sy albums is hy in 2018 deur Universal Musiek Suid-Afrika opgeraap. Kort daarna het hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar geword om 'n kontrak met die ikoniese jazz-platemaatskappy, Blue Note Records, te sluit vir sy albums\u00a0<em>Letters from the Underworlds<\/em>\u00a0(2020) en\u00a0<em>The Spirit of Ntu (2022).<\/em>\u00a0(2022).<\/p>\n<p>Hy gee alle eer aan sy vrou wat hom in staat stel om gelykertyd optredes, die skryf van musiek, onderrig en leer te kan behartig. \u201cEk is gese\u00ebnd om so 'n ondersteunende lewensmaat te h\u00ea. Sy is self 'n ongelooflik kunstenaar, maar steun reeds jare lank selfopofferend my loopbaan. Sy maak alles moontlik en ek het haar innig lief.\"<\/p>\n<p>Makhathini sal graag in die toekoms die geleentheid wil h\u00ea om Wes-Afrika te besoek om meer oor die praktyke van di\u00e9 streek se griots \u2013 wat as storievertellers, sangers, musikante en verbale historici funksioneer \u2013 te wete te kom. \u201cEk voel baie aspekte van die griots se gebruike weerspie\u00ebl di\u00e9 van my eie. So, ek is opgewonde oor die geleentheid om meer te leer.\"<\/p>\n<p><strong>Outeur:<\/strong> Korporatiewe Kommunikasie &amp; Bemarking<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>One of South Africa&#8217;s top musicians was awarded a PhD at Stellenbosch University (SU) this week during the March graduation ceremonies. Pianist, composer, producer, educator and researcher Nduduzo Makhathini is a leading figure in the South African jazz scene with many accolades to his name. And now he&#8217;ll be able to add another title \u2013 [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":11681,"featured_media":3370,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-3367","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3367","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11681"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3367"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3367\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3373,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3367\/revisions\/3373"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3370"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3367"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3367"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3367"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}