{"id":3172,"date":"2023-03-17T13:02:19","date_gmt":"2023-03-17T13:02:19","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=3172"},"modified":"2023-03-17T13:58:38","modified_gmt":"2023-03-17T13:58:38","slug":"su-academic-publishes-powerful-new-collection-of-poetry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2023\/03\/17\/su-academic-publishes-powerful-new-collection-of-poetry","title":{"rendered":"US Akademies Publiseer Treffende Nuwe Digbundel"},"content":{"rendered":"<p>Ter viering van W\u00eareldpo\u00ebsiedag wens ons dr Uhuru Phalafala geluk met haar onlangse prestasies op die gebied van Afrikapo\u00ebsie. Dr Phalafala is \u2019n buitengewone Suid-Afrikaanse digter en akademikus hier aan die Universiteit Stellenbosch.<\/p>\n<p>Haar jongste boeklengtegedig, <em>Mine Mine Mine, het pas verskyn<\/em>. Die boek se temas het slaankrag: van ekstraktiewe geweld tot regenerasie, opstand, familieverbintenis, liefde, identiteit en die menslike ervaring. Dit sal vir seker \u2019n opskudding in die liter\u00eare w\u00eareld veroorsaak.<\/p>\n<p>Die boek word beskryf as \u201c\u2019n persoonlike vertelling van Uhuru Phalafala se gesin se belewing van die trekarbeidstelsel wat deur die goudmynbedryf in Johannesburg, Suid-Afrika, meegebring is. Phalafala gebruik geopo\u00ebsie om geopolitiek te karteer en haar oupa se sterfte na te spoor op \u2019n historiese kruispunt in 2018, toe \u2019n klas-aksie-geding weens silikose teen die Suid-Afrikaanse mynbedryf ten gunste van die myners beslis is\u201d [eie vertaling].<\/p>\n<p>Dr Phalafala het die volgende oor haar boek te s\u00ea: \u201c<em>Mine Mine Mine, het pas verskyn<\/em> Mine Mine Mine is die storie van my oupa, wat as trekarbeider in die Johannesburgse goudmyne gewerk het. Dit is die storie van ons kollektiewe oupas en pa\u2019s, van ons oumas wat moes wag en ons ma\u2019s wat ons sonder emosionele ondersteuning deur hulle mans grootgemaak het. Dit is \u2019n storie van meerduidige verlies, hoe dit intergenerasioneel tot uitdrukking kom; dit is \u2019n storie van ge\u00ebkstraheerde grond en ekstraktiewe arbeid, vermenigvuldiging en rasgebaseerde kapitalistiese arbeid; dis is \u2019n storie oor ons, di\u00e9 wat begunstig is uit daardie uitbuitende plundering van liggame wat ons geskep, in die w\u00eareld gebring en grootgemaak het \u2013 hoe dra ons dit in ons liggame saam? Waar presies berg ons dit, en hoe haal ons asem deur die verlies, trauma, wag, afwesigheid en verlangens heen wat daarmee saamgaan?\u201d [eie vertaling].<\/p>\n<p>Die liter\u00eare gemeenskap het die verskyning van Mine Mine Mine goed ontvang <em>Mine Mine Mine, het pas verskyn<\/em>. Chris Abani (skrywer van <em>Smoking the Bible <\/em>en <em>The Secret History of Las Vega<\/em>) beskryf die boek as<em>\u201c\u2019<\/em>n wonderwerk in die kleine van vakmanskap: \u2019n intieme gedig en nietemin ook \u2019n epos. In die tradisie van komponiste soos Zim Jgqawana en digters soos Okot p\u2019Bitek is hierdie werk \u2019n persoonlike narratief, \u2019n musikale opus, \u2019n libretto ; tegelykertyd oorspronklik en tog gewortel in die stamboom van inyosi\u2019s, griots  en imbongi\u2019s; met perfekte samespel tussen solis en koor. \u2019n Ongelooflike boek wat die self, geskiedenis en onbekende dimensies \u2013 deels gees en deels mens \u2013 oorspan\u201d [eie vertaling].<\/p>\n<p>Lebogang Mashile (bekroonde digter en vertoonkunstenaar) praat so daaroor: \u201c<em>Mine Mine Mine, het pas verskyn <\/em>Mine Mine Mine gryp my hart aan die strot en vertel die hart wie dit is \u2026 Die omvang van Phalafala se twaalf jaar lange akademiese toewyding aan die bestudering van woorde blyk duidelik uit die presisie waarmee sy haar ontsaglike soniese en liter\u00eare gawes inspan. Die oor van die gees hoor die ritmiese masjiengeluide van die myne. Dit sluit aan by die skerp kant wat Swartwees in die stad gebaar het. Phalafala begelei die leser oor die komplekse kontoere van vrouwees en die beliggaming van die land in Setswana heen, en rou oor \u2019n verlore sikliese verhouding met beide. Kanons van Swart feministiese geheue, musiek en pan-Afrikaanse invloede word so stewig in die bundel saamgetrek dat daar net een woord is waarmee hierdie elegante elegie bekroon kan word: \u2018waarheid\u2019\u201d [eie vertaling].<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/arts.sun.ac.za\/files\/2023\/03\/Mine-Mine-Mine-MarketingFlyer.pdf\"><em>Mine Mine Mine, het pas verskyn<\/em> <\/a>Mine Mine Mine is in boekwinkels en aanlyn beskikbaar, en is beslis \u2019n leeservaring wat niemand moet misloop wat in kontempor\u00eare Afrikapo\u00ebsie en  letterkunde belangstel nie.<\/p>\n<p>Dr Phalafala is ook die skrywer van <em><a href=\"https:\/\/arts.sun.ac.za\/files\/2023\/03\/Kgositsile-MarketingFlyer.pdf\">Keorapetse Kgositsile<\/a> and the Black Arts Movement: Poetics of Possibility <\/em>en mederedakteur van <em>Keorapetse<\/em> <em>Kgositsile: Collected Poems, 1969\u20132018 <\/em>(Nebraska, 2023).<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In celebration of World Poetry Day, we applaud Dr Uhuru Phalafala for her recent achievements in African poetry. Dr Phalafala is an exceptional South African poet and academic at Stellenbosch University. Dr Phalafala has recently published her latest booklength poem, Mine Mine Mine. The book&#8217;s potent themes of extractive violence, regeneration, revolt, kinship, love, identity, [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":11681,"featured_media":3211,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-3172","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3172","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11681"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3172"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3172\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3202,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3172\/revisions\/3202"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3211"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3172"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3172"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3172"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}