{"id":3013,"date":"2022-10-26T13:16:01","date_gmt":"2022-10-26T13:16:01","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=3013"},"modified":"2023-03-06T13:18:35","modified_gmt":"2023-03-06T13:18:35","slug":"subtle-and-complex-processes-of-knowing-and-showing-explored-at-conference","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2022\/10\/26\/subtle-and-complex-processes-of-knowing-and-showing-explored-at-conference","title":{"rendered":"Subtiele, komplekse prosesse van weet en wys by konferensie verken"},"content":{"rendered":"<p>Prof Gabeba Baderoon, \u0149 digter en akademikus van die Pennsilvani\u00eb-staatsuniversiteit in die VSA en hoofspreker by die Langsame Intimiteitskonferensie wat onlangs by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Studies aangebied is, het op die Kaapse Vlakte grootgeword.<\/p>\n<p>As kind het sy haar geliefde pa hoor treur omdat hy nie sy rose kon oorreed om te blom in die sandgrond van Athlone waarheen die gesin gedurende apartheid verskuif is nie. T\u00f3g is sy tuin in Athlone 47 jaar later \u0149 pragtige plek \u2013 alles danksy sy vasbeslote, intieme band met die grond.<\/p>\n<p>Hierdie is maar net een van die voorbeelde van voorleggings by die konferensie, wat van 12 tot 14 Oktober gehou is met prof Amanda Gouws, bekle\u00ebr van die SARChi-leerstoel in genderpolitiek aan die US, as sameroeper. Prof Lou-Mari\u00e9 Kruger van die Departement Sielkunde was die mede-sameroeper.<\/p>\n<p>Daar is by di\u00e9 drie dae lange konferensie besin oor die konsep van langsame intimiteit, wat verband hou met \u201cintieme interaksies wat standhoudend, langdurig en oor tyd aan die gang en aan die ontwikkel is\".<\/p>\n<p>Die doel van die konferensie was om die \u201csubtiele, genuanseerde, komplekse, veelvlakkige, verwikkelde\" prosesse van weet en wys wat met langsame intimiteit geassosieer word, te verken. Voorts om onder meer die volgende vrae te bespreek: Wie kan weet en wie kan wys? In watter omstandighede is weet en wys moontlik? Hoe is intimiteit met mag verbind? Hoe word intimiteit deur groter gemeenskapsprosesse (polities, maatskaplik, ekonomies) be\u00efnvloed?<\/p>\n<p>Kruger, \u0149 kliniese sielkundige, vertel hoe sy \u0149 pasi\u00ebnt voor haar o\u00eb op die grond sien val en sterf het toe sy in die wagkamer van \u0149 staatskliniek in die lae-inkomste-woongebied Dwarsriviervallei buite Stellenbosch gesit het. Sy kontrasteer die intimiteit van haar teenwoordigheid by die dood van di\u00e9 volkome vreemdeling met die intimiteit by die sterfbed van haar ma, aan wie sy baie naby was.<\/p>\n<p>Die akademici Vivienne Bozalek, Nike Romano en Tamara Shefer beskryf hul intimiteit met die \u201canderkant-die-menslike\" wanneer hulle saam in die see se oop waters gaan swem \u2013 en hoe hul denke en skryfwerk be\u00efnvloed word terwyl hulle met \u201csee-organismes bedek is en saam met onderwatergediertes en -plante bibber\u2026\"<\/p>\n<p>Sandra Swart, professor in geskiedenis, praat oor haar intieme verhouding met haar perd Aztec, \u201c'n sagmoedige merrie met melancholiese skoonheid\", en die merrie se dogter, Voodoo, wat \u201ckort en koppig is en sterk menings huldig\". Sy vertel hoe intimiteit tussen haar en haar perde gegroei het deurdat sy \u201celke dag hul mis bekyk om hul gesondheid te voorspel \u2026 my hande by hul bene laat afgly, hul tandvleis oopsper en tussen hul spene reik om vir bosluise te voel\u2026\"<\/p>\n<p>Twee vriende, Marion Stevens en Makhosazana Xaba, beskryf hul vriendskap van etlike jare dansky gedeelde belange en solidariteit.<\/p>\n<p>In \u0149 dokument\u00eare program wat die intimiteit van gay verhoudings en die intimiteit van geweld uitbeeld, beskryf die filmmakers prof Siona O'Connell en prof Vasu Reddy hoe \u0149 jong Indiese man se eie pa hom en sy maat in Durban voor sy gemeenskap voos slaan omdat sy gay-wees hulle in die skande gesteek het.<\/p>\n<p><strong>Intimiteit versus langsame intimiteit<\/strong><\/p>\n<p>Gouws het in haar openingstoespraak ges\u00ea haar feministiese studiegroep, wat uit nege vroue van verskillende dissiplines bestaan \u2013 politieke wetenskap, filosofie, geskiedenis, sielkunde, Engels, teologie en beeldende kunste \u2013 het in 2021 besluit om \u0149 konferensie oor langsame intimiteit te hou.<\/p>\n<p>\u201cDie onderwerp van intimiteit word al minstens \u0149 dekade lank deur feministiese geleerdes soos Lauren Berland bestudeer,\" het sy ges\u00ea. \u201cMaar ons wou stadige intimiteit van intimiteit onderskei.<\/p>\n<p>\u201cOns kan aan stadige intimiteit dink as die keersy van stadige geweld \u2013 ons verbintenis met menswees, ons kwesbaarheid, om onsself vir die menslikheid van ander oop te stel, interaksie met die post-menslike deur ander spesies en planet\u00eare konneksies,\" het sy bygevoeg.<\/p>\n<p>\u201cHierdie konferensie is derhalwe \u0149 interaksie met \u0149 bre\u00ebr globale konteks van brutaliteit, maatskaplike uitsluiting, verdiepende armoede en onsekerheid. Op hierdie oomblik is dit asof die w\u00eareld wag om asem uit te blaas in die aangesig van wat dalk apokaliptiese gebeure kan wees. Hoe ver is Wladimir Poetin bereid om te gaan? Hoe gaan Europa die dodelike koue van sy winter oorleef? Wat gaan die volgende klimaatramp wees en waar gaan dit plaasvind? Sal ons almal uiteindelik leer om sonder elektrisiteit te leef?<\/p>\n<p>\u201cIn die aangesig van al hierdie moontlike katastrofes, wend ons ons na intieme ruimtes en verbintenisse.\"<\/p>\n<p>Gouws het ges\u00ea langsame intimiteit vind \u201cop verkillende terreine en skale plaas en behels verskillende tipes wys\".<\/p>\n<p>Die konferensie was akademies van aard, maar het \u0149 kreatiewe inslag gehad deur die insluiting van interaksie met po\u00ebsie, boeke, films en kuns. Voorleggings het onder meer ook intimiteit bekyk wat met kos, seks en verbruik verband hou.<\/p>\n<p><strong>Rou tydens Covid; intimiteitsfoutlyne<\/strong><\/p>\n<p>Louise du Toit, professor in filosofie, het in haar voorlegging getiteld 'Mourning the More than Human' ('om oor die meer as menslike te rou') die konsep van rou as \u0149 \u201cpre-refleksiewe, beliggaamde soort weet en wys\" bespreek. Sy het beskryf hoe Covid talle gewoontes en voorheen bestaande begrippe met betrekking tot rou omver gewerp het.<\/p>\n<p>\u201cIn hierdie tyd moes baie mense alleen sterf en is talle ander mense bekende maniere ontneem om hul geliefdes te groet. Soos wat ons die ontvouende katastrofes ervaar wat met die Antroposeen-tydperk geassosieer word, sal hierdie onge\u00ebwenaarde ontwrigting met betrekking tot die dood van ander net erger word. Hierdie omwenteling is ook van toepassing op ander vorms van onge\u00ebwenaarde rou in ons tyd. My vraag word dan hoe verstaan ons menslike rou vir die meer-as-menslike verliese wat ons ervaar en of sodanige rou moontlik \u0149 herdenkingspolitiek behels.\"<\/p>\n<p>In haar voorlegging met die titel 'Intimacy and its Limits' ('intimiteit en sy perke') het prof Vasti Roodt van die US se Departement Filosofie die \u201cfoutlyn tussen die openbare en die private, die politieke en die intieme\" bespreek \u2013 en gepraat oor hoe intimiteit verdraai word wanneer dit na die openbare domein verplaas word.<\/p>\n<p>\u201cOns is al twee besonderse individue wat om die beurt wil bemin en bemin wil word en ons is burgers van \u0149 w\u00eareld wat ons deel met ander wat nie intiem met ons verbind is nie. Die bevrediging van een kom altyd gedeeltelik ten koste van die ander. Intimiteit kan net in privaatheid gedy en moet dus teen die starende openbare blik beskerm word. Aan die ander kant het die openbare domein beskerming teen die eise van intimiteit nodig wat die voorwaardes van saamwoon met ander bedreig.\"<\/p>\n<p>Jaco Barnard Naud\u00e9, professor in die regte, het gepraat oor die konsep van \u201cekstimiteit\" wat ons blootstel aan die \u201cander\" wat in die hart van ons intimiteit skuil \u2013 \u201cen in ons mees intieme gedagtes l\u00ea en wag\".<\/p>\n<p>Gouws het ges\u00ea dis belangrik dat mense vandag oor die konsep van langsame intimiteit besin. \u201cOns w\u00eareld is so deurdrenk met geweld en wanhoop wat deel van ons onderbewussyn geword het. Hierdie is \u0149 oomblik om oor intimiteit te praat; nie die opsienbarende kwessies waaroor ons daagliks praat nie, maar die langsame, beliggaamde emosies en die wyses waarop ons aansluiting by die w\u00eareld vind, want dit is van deurslaggewende belang dat ons nie ons menslikheid en die vermo\u00eb om by mekaar aansluiting te vind, verloor nie.\"<\/p>\n<p>Die konferensie het ook gesprekke ingesluit tussen ouer en jonger feministe oor hoe hierdie verskillende generasies die lewe ervaar.<\/p>\n<p>Die konferensie was multidissiplin\u00ear, veelvlakkig en soms intens persoonlik. Die organiseerders is voornemens om \u0149 boek te publiseer waarin die aanbiedings van hoogstaande gehalte vervat sal word.<\/p>\n<p>Outeur: Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking (Sue Segar)<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Prof Gabeba Baderoon, a poet and scholar from Pennsylvania State University in the USA and the keynote speaker at the Slow Intimacy Conference that was recently held at the Stellenbosch Institute for Advanced Studies, was raised on the Cape Flats. She recalls how, as a child, she heard her beloved father lamenting not being able [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":11681,"featured_media":3016,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-3013","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3013","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11681"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3013"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3013\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3019,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3013\/revisions\/3019"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3016"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3013"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3013"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3013"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}