{"id":3004,"date":"2022-10-31T13:09:36","date_gmt":"2022-10-31T13:09:36","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=3004"},"modified":"2023-03-06T13:13:19","modified_gmt":"2023-03-06T13:13:19","slug":"community-based-risk-assessment-training-in-polokwane","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2022\/10\/31\/community-based-risk-assessment-training-in-polokwane","title":{"rendered":"Gemeenskapsgebaseerde risiko-assesseringsopleiding in Polokwane"},"content":{"rendered":"<p>Santam het onlangs die Navorsingsalliansie vir Ramp- en Risikovermindering (RADAR) in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe genader om rampbestuur- en brandweerpersoneel in die Limpopo-streek in gemeenskapsrisiko-assessering op te lei. Die opleiding is deel van hul vlagskipprogram bekend as die Vennootskap vir Risiko en Veerkragtigheid (P4RR) en is daarop gemik om maatskaplike veerkragtigheid teen rampe op te bou deur die institusionele kapasiteit van uitgesoekte distrikte en metro\u2019s regoor die land te verbeter.<\/p>\n<p>Daar is heelwat amptenare wat nie oor die vaardighede of ervaring beskik om met lede van hul gemeenskappe op voetsoolvlak te skakel of om dit op \u2019n werklik deelnemende wyse te doen nie. Die oogmerk van die kursus is om plaaslike amptenare en praktisyns nader te bring aan die mense wat hulle dien deur hulle met die nodige vaardighede vir sinvolle raadpleging toe te rus. Die kortkursus behels onderrigmetodes toegespits op gemeenskapsbetrokkenheid en samewerking met gemeenskappe wat in gevaar verkeer sodat die aard van die plaaslike gevare en bestaande kwesbaarhede vasgestel kan word, veral di\u00e9 wat in lae-inkomstegemeenskappe voorkom. Ryk genuanseerde inligting word onder gemeenskapslede ingesamel en skep die grondslag vir meer volhoubare ontwikkelingsbeplanning wat vir hul spesifieke konteks geskik is.<\/p>\n<p>Tydens die onlangse kursus in Polokwane is \u2019n groep jong vrywilligers en noodpersoneel uit \u2019n plaaslike gemeenskap byeen gebring om \u2019n risiko-assessering op gemeenskapsvlak te doen. Dit was bemoedigend om hul entoesiasme en passie vir betrokkenheid by ontwikkelingskwessies te sien, hul insigte aan te teken en oplossings vir hul kort- en langtermynbeplanning voor te stel. Die jongmense het natuurlik die geleentheid geniet om kragdadige insette en menings oor plaaslike risiko- en ontwikkelingskwessies te lewer.<\/p>\n<p>Om insig te bekom in die ware aard van risiko\u2019s op plaaslike vlak verg die insette van inwoners, wat unieke ervaringskennis van hul betrokke leefomgewings het en gewoonlik die beste weet hoe om probleme aan te pak. Die deelnemers en vrywilligers kon tydens die kursus leer om \u2019n verskeidenheid metodes en eenvoudige hulpmiddels te gebruik wat ontwerp is om in alle soorte gemeenskappe te werk. Die metodes en hulpmiddels is visueel ingestel en maklik om te gebruik, terwyl dit vir enige omgewing aangepas kan word en deelname onder alle gemeenskapslede aanmoedig.<\/p>\n<p>RADAR verskaf sedert 2004 soortgelyke kursusse in gemeenskapsgebaseerde risiko-assessering vir akademici, navorsers en \u2019n groot verskeidenheid kli\u00ebnte, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook elders in Afrika, waaronder die W\u00eareldbank en internasionale nieregeringsorganisasies. Die nuwe formaat kombineer toegepaste ervaringsleer, werklike navorsing en gemeenskapsuitreik-praktyke. Die opleiding fasiliteer kollektiewe probleemoplossing vir risikovermindering en is in pas met die Universiteit Stellenbosch se sleutelbeginsels van sosiale impak en uitreik, wat opregte samewerking en wederkerigheid insluit. Hierdie benadering skep \u2019n unieke korpus kennis oor risiko-omgewings dwarsdeur die vasteland, veral wat ontluikende stedelike gebiede betref.<\/p>\n<p>\"RADAR wil graag geleenthede vir aksie deur die navorsing skep. Ons metodologie bring plaaslike amptenare en gemeenskapslede bymekaar om strategie\u00eb vir risikovermindering te konfronteer en te identifiseer. Ons maak seker dat die uitkomste van ons assesserings deurgaans met die betrokke besluitnemers en die onderskeie gemeenskappe gedeel word as die eerste stap om gemeenskappe self tasbare voordele uit hierdie betrokkenheid te laat trek,\" verduidelik Patricia Zweig, 'n dosent by RADAR.\u200b<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u200b\u200b\u200bSantam recently commissioned the Research Alliance for Disaster &amp; Risk Reduction (RADAR), in the Faculty of Arts and Social Sciences, to train disaster management and fire service personnel in the Limpopo region on community risk assessment. The training forms part of their flagship programme known as the Partnership for Risk and Resilience (P4RR) which aims [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":11681,"featured_media":3007,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-3004","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3004","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11681"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3004"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3004\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3010,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3004\/revisions\/3010"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3007"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3004"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3004"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3004"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}