{"id":2983,"date":"2022-12-05T12:00:18","date_gmt":"2022-12-05T12:00:18","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=2983"},"modified":"2023-03-06T12:04:06","modified_gmt":"2023-03-06T12:04:06","slug":"phd-graduate-crosses-graduation-stage-on-his-30th-birthday","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2022\/12\/05\/phd-graduate-crosses-graduation-stage-on-his-30th-birthday","title":{"rendered":"Student in maatskaplike werk ontvang PhD op sy 30ste verjaardag"},"content":{"rendered":"<p>Maandag 5 Desember 2022 was 'n groot dag vir dr Hillary Chibaya. Hy het nie net die verhoog oorgesteek om sy doktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch (US) te ontvang nie, maar hy het ook sy 30<sup>ste<\/sup>\u00a0verjaardag gevier.<\/p>\n<p>\u201cEk is opgewonde om op my verjaardag te gradueer. Afsonderlik is dit albei spesiale  geleenthede. Om beide saam met my familie en vriende te kan vier, is baie kosbaar.\"<\/p>\n<p>Chibaya het in Harare, Zimbabwe saam met sy jonger broer en twee susters grootgeword. Hy het sy ho\u00ebrskooljare by Ho\u00ebrskool Moleli naby die dorp Norton \u2013 sowat 80 km van Harare af \u2013 deurgebring. Sy belangstelling in en sy begrip vir die sosiale interaksie tussen mense, gekoppel aan 'n liefde om minderbevoorregtes te help, het hom na die vakgebied van Maatskaplike Werk gelei.<\/p>\n<p>Sy ouma, dr Chipo Mutyambizi wat ook 'n US-alumna is, het hom aangeraai om aan die US te kom studeer. \u201cTerwyl ek besig was om oor 'n universiteit vir my studie te besluit, was sy besig om haar meestersgraad in Ekonomie aan die Universiteit te voltooi. Sy was oortuig dat die US die beste universiteit vir my keuse van vakgebied en aansienlike ambisie sou wees. Nou, amper nege jaar later, is ek geneig om met haar saam te stem.\"<\/p>\n<p>Sy navorsingsonderwerp fokus daarop om die menings van maatskaplike werkers oor hulle waargenome rolle in maatskaplike protesaksies. \u201cEk was as navorser uiters nuuskierig oor die ingewikkelde en verwikkelde werking van hoe mense besluit om bymekaar aan te sluit en kollektief besluit om onderskeie pogings om maatskaplike verandering te bewerkstellig, na te strewe,\" verduidelik Chibaya.<\/p>\n<p>Maar om aan 'n doktorsgraad te werk, is inherent uitdagend vir 'n mens se geestelike, sosiale en emosionele dimensies, s\u00ea Chibaya. \u201cSonder die behoorlike leiding en mentorskap, is die ingewikkeldheid van die taak genoeg om jou na depressie te dryf. Die lang ure wat dit vereis, kan jou maklik sonder enige vriende laat. D\u00edt alles saam met 'n gebrek aan genoegsame finansi\u00eble bronne kan dinge onmoontlik laat lyk.\"<\/p>\n<p>Hy was egter gelukkig genoeg om 'n \u201cbriljante studieleier en uitnemende mentor\" in prof Lambert Engelbrecht te vind. \u201cHy het my die afgelope vier jaar in elke stadium van my navorsingstudie gelei en die rigting aangegee.\" Danksy hom en die Departement Maatskaplike Werk, het ek navorsingsbeurse ontvang om my doktorale studie finansier. 'n Spesiale woord van dank gaan ook aan Dianne Orton en Gordon Howard wat my finansieel ondersteun het.\"<\/p>\n<p>Volgens Orton, wat ook 'n maatskaplike werker is, het hulle Chibaya op twee verskillende geleenthede ontmoet en het hy hulle be\u00efndruk met sy opregtheid, intelligensie, deursettingsvermo\u00eb en toekomsambisies. Dit sal 'n vreugde wees om sy loopbaan te volg en soos ek dit verstaan, is hy goed op dreef om vir homself 'n naam in die maatskaplike beroep te maak.\"<\/p>\n<p>Chibaya is ook vol lof vir sy ouers en sibbe wie se ondersteuning nog altyd vir hom onmisbaar in sy akademiese loopbaan was. \u201cHulle het my deur my laagste oomblikke gedra en my nederig gehou in die klein oorwinnings.\"<\/p>\n<p>Chibaya is oortuig daarvan dat dissipline en 'n afgemete, goedgebalanseerde benadering tot sy studie die sleutel tot sy sukses was. \u201cEk het my lang- \u00e9n korttermyndoelwitte versigtig versprei oor die beplande tydlyn om my studie te voltooi.\" Ondanks die eise van sy navorsing, het Chibaya steeds tyd gevind om aan aktiwiteite soos Toastmasters deel te neem en gereeld te oefen.<\/p>\n<p>Hy het die afgelope drie maande 'n postdoktorale Erasmus+-program in Trento, Itali\u00eb voltooi. Hierdie program het behels dat hy saam met Engelbrecht en prof Alessandr Sicora van die Trento-Universiteit navorsingsartikels skryf. Hy was ook die fasiliteerder van seminare en werksessies oor maatskaplike werk en maatskaplike aksie by die Turin- en Trento-Universiteit en het werksessies oor verskeie onderwerpe in maatskaplike werk en praktyknavorsing bygewoon.<\/p>\n<p>N\u00e1 amper 'n dekade by Maties voel hy baie tuis op Stellenbosch. \u201cEk het vriende gemaak wat sedertdien soos familie geword het. Ons het saam die wynlande verken \u2013 iets wat ek ten sterkste aanbeveel. Ek was op talle pragtige staptogte in die natuur met onvergeetlike uitsigte.\"<\/p>\n<p>Maar hy moet binnekort Stellenbosch se wingerde vaarwel toeroep, aangesien hy aanstaande jaar 'n postdoktorale program by die Universiteit van Montreal gaan volg. \u201cDaarna wil ek my navorsing oor maatskaplike aksie vir menseregte en maatskaplike geregtigheid in maatskaplike werk voortsit,\" s\u00ea Chibaya. \u201cMiskien word ek nog eendag 'n professor in maatskaplike werk. Ek is baie lief vir Stellenbosch, so dalk keer ek terug om by die US te kom doseer.\"<\/p>\n<p><strong>Meer oor die donateurs<\/strong><\/p>\n<p>Howard en Orton woon in Iowa in die Verenigde State. Orton het dr Sulina Green, die voormalige direkteur van die program in Maatskaplike Werk aan die US, in 2000 ontmoet terwyl sy op 'n fakulteitsuitruilprogram tussen die Universiteit van Missouri en die Universiteit van die Wes-Kaap was. \u201cEk het deur daardie verbintenis besluit om my doktorsgraad op Stellenbosch te kom doen met Green as my mentor en studieleier. Ek het in 2007 gegradueer. Prof Lambert Engelbrecht was lid van my dissertasiekomitee.\"<\/p>\n<p>Die paartjie het Suid-Afrika en veral Stellenbosch al menigmaal besoek en het vriendskappe met baie van die fakulteitslede gesluit. Ons het gesien daar is 'n behoefte aan studenteondersteuning, wat ons laat besluit om op die gebied van studentestudiebeurse by te dra. Engelbrecht het Chibaya as 'n waardige ontvanger aanbeveel. Nadat ons sy inligting oorweeg het, het ons besluit om hom finansieel in sy studie te steun.<\/p>\n<p>\u201cStudenteondersteuning in die vorm van akademiese studiebeurse is ons passie. Ons hoop om ons steun aan die departement en sy studente in die toekoms voort te sit. Stellenbosch is werklik 'n instelling van w\u00eareldgehalte en ek is baie dankbaar om 'n alumna en donateur te kan wees,\" voeg Orton by.<\/p>\n<p>Outeur: Sonika Lamprecht \/ Foto: Stefan Els<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u200b\u200bMonday 5 December 2022 was a big day for Dr Hillary Chibaya. Not only did he cross the graduation stage to receive his doctoral degree from Stellenbosch University (SU) but he also did so on his 30th\u00a0birthday. \u201cI am excited to graduate on my birthday. Individually, they are precious events. To be able to celebrate [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":11681,"featured_media":2986,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-2983","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2983","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11681"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2983"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2983\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2989,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2983\/revisions\/2989"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2986"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2983"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2983"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2983"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}