{"id":2956,"date":"2023-03-06T09:52:00","date_gmt":"2023-03-06T09:52:00","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=2956"},"modified":"2023-03-08T07:07:04","modified_gmt":"2023-03-08T07:07:04","slug":"su-and-sndt-team-up-to-offer-new-hybrid-learning-course","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2023\/03\/06\/su-and-sndt-team-up-to-offer-new-hybrid-learning-course","title":{"rendered":"Die US en SNDT span saam om nuwe hibriede leerkursus aan te bied"},"content":{"rendered":"<p>Die Universiteit Stellenbosch (US) en die Shreemati Nathibai Damodar Thackersey (SNDT) vroue-universiteit in Mumbai het saamgewerk aan die ontwikkeling van \u2019n nuwe hibriede leerkursus getiteld \u201cSouth-South Feminisms: A Feminist Approach to Cross-Cultural Learning (Suid-Suid-feminismes: \u2019n Feministiese benadering tot kruiskulturele leer)\u201d.<\/p>\n<p>Dit is die eerste program van di\u00e9 soort wat in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe saam met die SNDT Universiteit ontwikkel is.<\/p>\n<p>Dr Nadia Sanger en dr Megan Jones van die Departement Engels aan die US staan aan die spits van die nuwe kursus nadat hulle \u2019n toekenning van die US se Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (FINLO) ontvang het. Die toekenning word gebruik om \u2019n kultuur van innovasie en refleksie in leer, onderrig en assessering te inspireer.<\/p>\n<p>Dr Jones s\u00ea: \u201cDie samewerking vloei voort uit \u2019n projek met kollegas by tersi\u00eare instellings in Mumbai, Indi\u00eb. Dit maak \u2019n uitruil van idees moontlik wat Suid-Suid-bande tussen navorsers en studente verstewig. Dit is \u2019n opwindende geleentheid vir studente van al twee universiteite om insig te bekom in die geleefde ervarings wat hul w\u00earelde, asook die w\u00earelde van ander uitmaak.\u201d<\/p>\n<p>Die kursus begin in Augustus 2023 en word persoonlik en aanlyn deur dosente van die US en die SNDT aangebied. Dit betrek 14 honneursstudente in Engels studie aan die US en 20 meestersgraadstudente aan die SNDT, onder leiding van dr Dhrupadi Chattopadhyay.<\/p>\n<p>Dr Sanger s\u00ea: \u201cHierdie kursus is om verskeie redes belangrik vir die US en die SNDT, een daarvan is wat dit moontlik aan studente bied ten opsigte van die wyse waarop ons kennis oor die w\u00eareld opdoen; hoe ons van die w\u00eareld leer deur na ander se ervarings van elders te luister; en na te dink oor waar dit ons in verhouding tot hulle plaas. Dit is hierdie kennis wat verskuiwings in globale sistemiese magsverhoudings moontlik maak, en dit begin binne die ruimte van die klaskamer.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOns stel belang in die Globale Suide en die magdom kennis en kundigheid wat gemarginaliseer en uitgewis is. Een belangrike deel van hierdie kursus behels die metodologie\u00eb wat etiese onderrig en leer moontlik maak en hoe om gemarginaliseerde kennis op die voorgrond te plaas.\u201d<\/p>\n<p>Oor die algemeen is hierdie nuwe kursus \u2019n opwindende ontwikkeling vir al twee universiteite en dit weerspie\u00ebl die waarde van samewerking en innovasie in die ho\u00ebr onderwys.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Stellenbosch University (SU) and Shreemati Nathibai Damodar Thackersey (SNDT) University\u00a0in Mumbai, have collaborated to develop a new hybrid learning course titled, \u201cSouth-South Feminisms: A Feminist Approach to Cross-Cultural Learning\u201d. It is the first programme of its kind to be developed in the Faculty of Arts and Social Sciences with SNDT University. From the Department of [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":11681,"featured_media":2965,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-2956","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2956","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11681"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2956"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2956\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3046,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2956\/revisions\/3046"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2965"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2956"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2956"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2956"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}