{"id":2938,"date":"2023-03-03T11:20:05","date_gmt":"2023-03-03T11:20:05","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=2938"},"modified":"2023-03-03T11:24:32","modified_gmt":"2023-03-03T11:24:32","slug":"chatgpt-under-the-spotlight-at-su-seminar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2023\/03\/03\/chatgpt-under-the-spotlight-at-su-seminar","title":{"rendered":"ChatGPT in die kollig by US-seminaar"},"content":{"rendered":"<p>Die groot gonswoord van 2023, ChatGPT, het vandeesweek onder die loep gekom by die eerste van 'n splinternuwe reeks seminare op die hoofkampus van die Universiteit Stellenbosch. Hierdie eerste \u2013 en baie insiggewende \u2013 lesing in die Media Futures-seminaarreeks, getiteld \u201cThe Future of Intelligence: ChatGPT and its implications\" (oftewel \u201cDie toekoms van intelligensie: ChatGPT en die implikasies daarvan\"), is deur die Departement Joernalistiek en die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aangebied.<\/p>\n<p>Die ChatGPT-verskynsel is deur die nuut-aangestelde voorsitter van die Departement Joernalistiek, prof Herman Wasserman, bekendgestel. Hy het sommige van die etiese dilemmas aangeraak waaraan die gewilde, nuwe kunsmatige-intelligensietegnologie die media en die akademiese landskap blootstel. Netelige vrae wat met plagiaat, privaatheid, sensuur, regverdigheid en kunsmatige intelligensie (AI) se invloed op ongelykheid verband hou, is ook deur deelnemers geopper.<\/p>\n<p>\u201cHoewel dit ietwat van 'n clich\u00e9 is dat ons studente oplei vir beroepe wat nog nie bestaan nie, is dit skrikwekkend waar wanneer ons in ag neem dat die joernalistiekstudente wat vanmiddag hier sit, miskien aanstaande jaar, wanneer hulle tot die werksmark toetree, met persverklarings te doen sal kry wat deur 'n kletsbot uitgeryg is wat nie verlede jaar hierdie tyd bestaan het nie,\" het Wasserman in sy inleiding opgemerk.<\/p>\n<p>Die US se Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, het die organiseerders geloof dat hulle die onderwerp aanpak. \u201cVerbruikers word deur 'inligtingssiekte' gekonfronteer,\" het De Villiers ges\u00ea. \u201cOns moet ons pad deur reuse-hoeveelhede fopnuus, waninformasie, haatspraak en samesweringsteorie\u00eb vind wat aanlyn sirkuleer.\" Hy het verwys na die vrees wat ChatGPT in akademiese kringe veroorsaak het en die radikale invloed wat digitale tegnologie\u00eb op verskillende vakgebiede het. \u201cEk is baie bly om te sien dat die Departement Joernalistiek die voortou neem met so 'n aktuele kwessie en die toon aangee vir toekomstige navorsing en sosiale impak regoor vakgebiede.\"<\/p>\n<p>Prof Bruce Watson van die Sentrum vir KI-navorsing in die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke \u2013 wat homself 'n KI-optimis noem \u2013 het verduidelik hoe die kunsmatige intelligensie agter ChatGPT presies werk. Volgens hom is dit moeilik om die uitwerking wat ChatGPT op ons alledaagse lewe gaan h\u00ea, te oordryf. \u201cMaar dit is belangrik om te onthou dit is nie 'n wese met bewussyn is nie en het ook geen hoop om te wees nie. Dit is net 'n massiewe model wat kan voorspel wat die volgende woord moet wees op grond van wat dit geleer het. Maar dit het geen gevoelens, oorspronklike gedagtes of kapasiteit vir outentieke terugvoer nie. Maar die implikasie is steeds enorm. KI is reeds buitengewoon vaardig in die skryf van kort grepe en in die skep van werkende programme en skadelike programmatuur soos rekenaarvirusse.\"<\/p>\n<p>Dr Antoinette van der Merwe, Senior Direkteur: Leer- en onderrigverryking by die US, het bevestig dat KI hier is om te bly en dat studente dit al hoe meer gaan gebruik namate dit verbeter. Sy het die \u201cvlug- of veg\"-reaksie beskryf wat baie akademiese inrigtings in reaksie op ChatGPT het. Sy het opgemerk dat sommige universiteite reeds hierdie tegnologie verban het. \u201cAnder sal probeer om dit te probeer uitoorl\u00ea of dit probeer 'uitvang' en probeer om beter opsporingsagteware in werking te stel. Ek dink dit is 'n natuurlike reaksie op hierdie opskudding.<\/p>\n<p>\u201cStudente vandag moet voorbereid wees op 'n toekoms waarin skryf met KI reeds besig is om noodsaaklik te word. Net soos woordverwerkingfunksies soos spel- en taaltoetsers aanvaarbaar geword en by skryfpraktyke ge\u00efntegreer is, gaan dieselfde met teksskeppers gebeur. Ek redeneer dus ons moet onderrig, leer en assessering heroorweeg, herdink en herfokus sodat ons ons gegradueerdes met die nodige vaardighede kan toerus om verantwoordelik met KI om te gaan,\" het Van der Merwe ges\u00ea.<\/p>\n<p>Eerder as om op die instrument te fokus, is dit noodsaaklik om na te dink oor die faktore wat mense van tegnologie onderskei, soos akademiese integriteit, kreatiwiteit, kritiese denke, gesonde verstand en sosiale verbintenisse, redeneer Van der Merwe. Sy meen sosiaalverantwoordelike interaksie met KI-teksskeppers moet kreatief \u00e9n krities wees. ChatGPT het by akademiese inrigtings die potensiaal om meer persoonlike en interaktiewe ervarings vir studente, asook doelmatige en doeltreffende benaderings vir dosente, te ondersteun.<\/p>\n<p>\u201cStudente moet aangemoedig word om ChatGPT vir eweknieleer en terugvoer te gebruik as 'n manier om goeie vrae te vra terwyl hulle terselfdertyd ook die antwoorde wat dit verskaf, krities evalueer ten einde hulle eie menings te kan vorm. Ons moet die tegnologie ons vennoot maak. Maar ons moet krities en bewus bly,\" het sy gewaarsku. Van der Merwe het haar aanbieding afgesluit met n aanhaling wat deur KI gegenereer is: \u201cDie moontlike gebruike van ChatGPT is nog relatief nuut en is nog nie getoets nie; verdere navorsing is nodig om die moontlike voordele en beperkings daarvan ten volle te verstaan.\"<\/p>\n<p>Betekenisvolle gesprekke met masjiene is nou 'n werklikheid en dit het verreikende implikasies,\" het dr Fanie van Rooyen, redakteur van\u00a0<em>Quest-tydskrif<\/em>\u00a0ges\u00ea. Hoewel dit sommige joernalistieke take soos nuusinsameling en die sifting van data baie makliker maak, kan ChatGPT dit moeiliker maak om die waarheid te onderskei. Van Rooyen het gewaarsku dat KI soos ChatGPT die openbare mening sal be\u00efnvloed en dit kan bestaande vooroordele in die samelewing verskans. Hy het die belangrikheid van menslike betrokkenheid by inhoudskepping beklemtoon. \u201cHoewel KI-taalmodelle die joernalistiek kan help, is dit belangrik dat joernaliste by die skryf-, redigering- en verifi\u00ebringsprosesse betrokke bly om akkuraatheid en etiese verslaggewing te verseker. In daardie sin maak KI die joernalistiek belangriker as wat dit was. Gerespekteerde, geloofwaardige, nie-sensionalistiese nuusverskaffers sal waardevoller word,\" het hy beklemtoon. Van Rooyen het die Amerikaanse joernalis en media-entrepreneur Steven Brill aangehaal wat voorspel het dat KI in die toekoms in staat sal wees om beter skryfwerk en ontledings as die meeste professionele verslaggewers te lewer.<\/p>\n<p>Twee navorsers van Research ICT Africa, dr Scott Timcke en Zara Schroeder, het saam 'n aanbieding gedoen oor die implikasies van KI vir 'n land soos Suid-Afrika waar ongelykheid en ekonomiese uitsluiting steeds groot hindernisse is. \u201cGeen tegnologiese produk is neutraal nie,\" het Timcke opgemerk. Hoewel KI die potensiaal het om 'n instrument te wees wat bekostigbare opvoedkundige, mediese en regsinligting en advies aan die armes kan verskaf, sal die maksimalisering van wins waarskynlik sosiale beskerming troef, het hy ges\u00ea. Die keersy van sulke tegnologiese vooruitgang is dat slegs ryk mense in die toekoms dalk toegang tot menslike spesialiste sal kan h\u00ea, terwyl die armes op masjien-gegenereerde kundigheid sal moet staatmaak.<\/p>\n<p>Shroeder het gewaarsku dat daar sedert die bekendstelling van ChatGPT in November 2022 gevind is dat die kletsbot vooroordele teenoor ras en vroue het. \u201cKI-tegnologie\u00eb enkodeer nie net eksplisiete hegemoniese sosiale vooroordele nie, maar ook die implisiete logika van die samelewing waarin hierdie tegnologie\u00eb gesetel is. Dit kan toksiese ingesteldhede soos rassisme, seksisme, geweld en haatspraak versterk,\" het sy ges\u00ea. \u201cOns sal mooi moet dink oor hoe ons hierdie stelsels gebruik en hoe hulle verbind is tot die politiek van wie behoort en wie uitgesluit word.\" Die feit dat die meeste KI-tegnologie op Engels gegrond is en dus mense uitsluit wat nie in hulle eie taal daarmee kan omgaan nie, is volgens haar ook 'n bron van kommer.<\/p>\n<p>Die kundiges wat aan die eerste Media Futures-seminaar deelgeneem het, was dit eens dat ChatGPT 'n goeie \u00e9n slegte instrument kan wees. Die boodskap was duidelik: Namate ons lewens al hoe meer deur nuwe tegnologie\u00eb oorgeneem en bemiddel word, moet ons KI met omsigtige optimisme benader. \u201cDit maak dit al hoe noodsaakliker dat ons ons met die vaardighede sal toerus om media op etiese, kritiese en verantwoordelike maniere te verbruik, te kureer en saam te skep,\" het Wasserman ten slotte opgemerk.<\/p>\n<p><strong>Outeur:<\/strong> Hannelie Booyens<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>The big buzzword of 2023, ChatGPT, came under scrutiny in the first instalment of a brand-new lecture series presented on the Stellenbosch University (SU) main campus this week. Themed \u201cThe Future of Intelligence: ChatGPT and its Implications&#8221;, this first lecture in the Media Futures Seminar Series hosted by the Department of Journalism and the Faculty [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":11681,"featured_media":2941,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-2938","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2938","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11681"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2938"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2938\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2953,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2938\/revisions\/2953"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2941"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2938"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2938"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2938"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}