{"id":2794,"date":"2023-02-27T08:28:30","date_gmt":"2023-02-27T08:28:30","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=2794"},"modified":"2023-02-27T09:19:37","modified_gmt":"2023-02-27T09:19:37","slug":"interdisciplinary-knowledge-skills-sets-first-years-on-path-to-academic-success","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2023\/02\/27\/interdisciplinary-knowledge-skills-sets-first-years-on-path-to-academic-success","title":{"rendered":"Interdissiplin\u00eare 'Kennisvaardighede' sal eerstejaars help op pad na sukses"},"content":{"rendered":"<ul>\n<li><em>Woordverwerking, die identifisering van fopnuus, plagiaat, hoe om 'n verantwoordelike aanlyn burger te wees en digitale geletterdheid is van die noodsaaklike vaardighede wat eerstejaar sal aanleer<\/em><\/li>\n<\/ul>\n<p>Die module, wat ses krediete tel en deur die\u00a0<a href=\"https:\/\/journalism.sun.ac.za\/en\/\"><span class=\"ms-rteThemeForeColor-5-0\"><strong>Departement Joernalistiek<\/strong><\/span><\/a>\u00a0saamgestel is \u2013 gebruik van die beginsels van spelontwerp (in Engels beter bekend as gamification) in leer om studente van verskeie fakulteite, insluitende Kunste en Sosiale Wetenskappe, Teologie, Regte en Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (Spraakheelkunde), met die nodige instrument toe te rus wat hulle nodig het om toegang tot akademiese doeleindes te kry en om dit te gebruik. Die vaardighede, wat alles dek van woordverwerking en toegang tot biblioteekbronne tot digitale geletterdheid, kan in alle aspekte van hulle studie aangewend word. \u201cDit is vaardighede wat studente regdeur hulle universiteitsloopbaan sal ondersteun en bied 'n stewige grondslag vir toekomstige leer,\" s\u00ea dr Marenet Jordaan, senior dosent by die Departement Joernalistiek en een van die module se aanbieders.<\/p>\n<p>\u201cDit is 'n groot onderneming vir 'n departement wat die afgelope 40 jaar op nagraadse studie gefokus het. Ons het nog nooit die geleentheid gehad om voorgraadse studente by ons program te betrek nie. Ons hoop ook om nou met hierdie module hulle opgewonde te maak oor alles wat die joernalistiek kan bied,\" s\u00ea Jordaan.<\/p>\n<p><strong>Interaktiewe, hibridiese benadering<\/strong><\/p>\n<p>Die\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=4R4qz9FfCc0\"><span class=\"ms-rteThemeForeColor-5-0\"><strong>kursus<\/strong><\/span><\/a><span class=\"ms-rteThemeForeColor-5-0\">\u00a0<\/span>is as 'n \u201csloertoer\" ontwerp met akademiese sukses as eindbestemming. As die departement se eerste volledige hibridiese module, vind baie van die leer aanlyn plaas met die studente wat \u201cagter die stuur\" is en hulle pad deur selfstudiemateriaal vind. Hierdie hibridiese benadering bied sinchroniese en nie-sinchroniese leergeleenthede \u2013 'n sleutelfokus vir die Universiteit. Die module sluit klasse per regstreekse stroomuitsending op Microsoft Teams, eweknie-geassesseerde werkopdragte en interaktiewe vasvrae in.<\/p>\n<p><strong>'n Medewerkende poging<\/strong><\/p>\n<p>Hoewel die Departement Joernalistiek die leiding geneem het om die Kennisvaardighede-module te ontwerp en byeen te bring, word dit al sedert 2017 in die vooruitsig gestel. Dit maak deel uit van 'n fakulteitswye programvernuwingsinisiatief en is 'n medewerking tussen verskeie departemente en afdelings, insluitende personeel van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe se Verlengde Graadprogram, biblioteekspesialiste en leerontwerpers van die afdeling vir hibridiese leer.<\/p>\n<p>\u201cEen van die belangrikste goed wat ek uit hierdie inisiatief geleer het, is hoe baie ondersteuningstrukture die US aan dosente bied. Die\u00a0<a href=\"http:\/\/www.sun.ac.za\/english\/learning-teaching\/ctl\"><span class=\"ms-rteThemeForeColor-5-0\"><strong>Sentrum vir Onderrig en Leer<\/strong><\/span><\/a>\u00a0en die\u00a0<a href=\"http:\/\/www.sun.ac.za\/english\/learning-teaching\/learning-teaching-enhancement\/learning-technologies\"><span class=\"ms-rteThemeForeColor-5-0\"><strong>Sentrum vir Leertegnologie\u00eb<\/strong><\/span><\/a>\u00a0is maar net twee van die hulpbronne wat beskikbaar is om fakulteite te help om onderrig op kampus te ondersteun.\"<\/p>\n<p>Volgens Jordaan het die Departement ook daarna uitgesien om tot verbeterde leer by die deelnemende fakulteite by te dra. \u201cDit is terselfdertyd angswekkend en opwindend om so baie studente by hierdie module te verwelkom.  Ons is as 'n departement met 'n gevestigde fokus op nagraadse studie baie bly oor die geleentheid om ons voetspoor binne die Universiteit te vergroot deur 'n module wat spesifiek op eerstejaarstudente gerig is.\"<\/p>\n<p>Outeur: Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u200bWord processing, identifying fake news, plagiarism, how to be a responsible online citizen and digital literacy among the essential knowledge skills first-year students will learn The six-credit module \u2013 convened by the\u00a0Department of Journalism\u00a0\u2013 uses some of the principles of gamification in learning to equip students from various faculties, including Arts and Sciences, Theology, Law [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":11681,"featured_media":2809,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-2794","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2794","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11681"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2794"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2794\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2803,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2794\/revisions\/2803"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2809"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2794"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2794"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2794"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}