{"id":1724,"date":"2022-09-16T01:59:40","date_gmt":"2022-09-16T01:59:40","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=1724"},"modified":"2022-09-29T02:45:48","modified_gmt":"2022-09-29T02:45:48","slug":"deaf-storytellers-help-stellenbosch-university-to-create-teaching-material","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2022\/09\/16\/deaf-storytellers-help-stellenbosch-university-to-create-teaching-material","title":{"rendered":"Dowe storievertellers help Universiteit Stellenbosch om onderrigmateriaal te skep"},"content":{"rendered":"
'n Sosialeimpakprojek van die Universiteit Stellenbosch (US) en die Dowe gemeenskap is onlangs voltooi om literatuur in gebaretaal te bevorder en om die benarde posisie van die Dowe gemeenskappe met beperkte werk- en opleidingsgeleenthede aan te spreek.<\/p>\n
Die Universiteit en die Dowe gemeenskap se pogings val saam met die huidige Bewustheidsmaand vir Doofheid, asook die onlangse verklaring van Suid-Afrikaanse gebaretaal (SAGT) as die land se 12de amptelike taal.<\/p>\n
Die projek, getiteld 'Creating Teaching Material for Hearing Students Learning SA Sign Language: Workshop for Deaf Community Storytellers' (die skep van onderrigmateriaal vir horende studente wat SA gebaretaal aanleer: werksessie vir Dowe gemeenskapstorievertellers), het die uitbouing van die studente, dosente en lede van die Dowe gemeenskap se kapasiteit tot gevolg gehad.<\/p>\n
Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskap het onderrigmateriaal in onderrigmateriaal vir gebaretaal in samewerking met vier Dowe gemeenskapslede geskep wat terselfdertyd opgelei is om gebaretaal te gebruik om geskrewe stories te vertel en ook boonop video-opnames daarvan te maak.<\/p>\n
Die storievertellers, me Yuvini Gounden, mnr Terneil Christians, mnr Christopher Galada en me Lazyja le Roux, is almal van Worcester en Stellenbosch afkomstig en het video's van 20 stories in SAGT geskep.<\/p>\n
Hierdie onderrigmateriaal sal binnekort aan horende studente beskikbaar gestel word wat vir die beginnerskursus van die SAGT-akademiese program ingeskryf is.<\/p>\n
Die projek het vroe\u00ebr vanjaar afgeskop danksy finansi\u00ebring van die US se befondsingskomitee vir sosiale impak en die samewerking van Universiteitspersoneel en gemeenskapslede, s\u00ea Reyneke.<\/p>\n
Voordat hulle die video's gemaak het, het die deelnemers eers 'n werksessie bygewoon om opleiding in te ontvang in videografie, ateltjeevoorbereiding, vertaling van teks na SAGT en die beste tegnieke om stories te vertel.<\/p>\n
Volgens Njeyiyana, wat self doof is en SAGT doseer, was die skakeling tussen die dowe storievertellers en ander deelnemers 'n insiggewende en wedersydse leerervaring, veral danksy die dialekte en kulture wat by die werksessie betrokke was. \u201cDaar was wonderlike groepswerk en ons het saam die toepaslike tekens gekies om die storie te vertel. Studente sal meer oor die verskillende dialekte en kulture in die Dowe gemeenskappe leer,\" s\u00ea Njeyiyana.<\/p>\n
'n Ervaring wat deelnemers bemagtig het<\/strong><\/p>\n
Die storievertellers het in hul nabetragting oor hul deelname aan die projek groot waardering uitgespreek vir die opleiding en vaardigheidsontwikkeling wat hulle ontvang het. Hulle het saamgestem dat hulle bemagtig voel deur d\u00edt wat hulle geleer het en die vaardighede wat hulle aangeleer het.<\/p>\n
\u201cNou verstaan ek hoe om geskrewe teks in gebaretaal te vertaal. Ek sal my graag verder wil oplei en my vaardighede wil verbeter sodat ek gebaretaal behoorlik kan gebruik wanneer ek by 'n skool vir Dowes skoolhou,\" s\u00ea Galada.<\/p>\n
Gounden stem saam dat hy baie geleer het. \u201cVeral oor watter toerusting ek in 'n ateljee benodig en wat ek moet doen voordat ons begin verfilm. Ek sal dit in die toekoms gebruik.\"<\/p>\n
<\/div>\n
Die uitkoms van die projek<\/strong><\/p>\n
Die kort stories van maksimum agt sinne elk handel oor die studentelewe en alledaagse kampusaktiwiteite. Die stories is net op video beskikbaar.<\/p>\n
\r\n<\/em><\/strong>I have so much to do!
\r\nI have to attend lectures, do my homework and study for tests!
\r\nI have to buy electricity, do the laundry and go to the library!
\r\nI feel so stressed and anxious!
\r\nThen I realise: I can only do one thing at a time.
\r\n<\/em><\/strong>I spent my first year at university going to parties.
\r\nI never went to class or studied.
\r\nI had to repeat the whole year.
\r\nI spent my second year at university studying.
\r\nI never went out or relaxed.
\r\nI burned out and got sick.
\r\nThis year, I will take better care of myself and find balance.<\/em><\/p>\n
Huddlestone, wat voorsitter van die Departement Algemene Taalwetenskap is, s\u00ea die stories is deel van 'n US-modelle en hulle beplan nie tans om die video's aan die publiek beskikbaar te stel nie.<\/p>\n
Volgens Huddlestone is die projek in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte 2030 en die Universiteit se aspirasies om kapasiteit te verhoog, opvoedkundige uitkomste te verbeter en die jeug te ontwikkel.<\/p>\n
\u201cDaar is 'n gebrek aan leer- en onderriggeleenthede vir jong dowe volwassenes. Die Dowe gemeenskap word steeds tot 'n groot mate by ontwikkelingsinisiatiewe uitgesluit. Hulle skoolopleiding berei hulle nie goed voor op naskoolse studie nie en tersi\u00eare opvoedingsinrigtings is weens taalhindernisse nie vir hulle toeganklik nie,\" s\u00ea sy.<\/p>\n
Volgens Reyneke en Njeyiyana kan baie meer dowe mense by hierdie projek baat vind. Hoewel hulle graag die projek sal wil voortsit en onderrigmateriaal met dowe persone vir ander SAGT-modules wil skep, word hulle tans deur 'n tekort aan geld beperk.<\/p>\n
\n
A social impact project by Stellenbosch University (SU) and the Deaf community to advance literature in sign language and address the plight of deaf communities with limited work and training opportunities was recently completed. The University and the Deaf community’s efforts coincide with the current Deaf Awareness Month as well as the recent declaration of […]<\/p>","protected":false},"author":11016,"featured_media":1733,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256],"tags":[],"class_list":["post-1724","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1724","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/11016"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1724"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1724\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1748,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1724\/revisions\/1748"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1733"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1724"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1724"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1724"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}