{"id":13219,"date":"2025-09-24T05:14:44","date_gmt":"2025-09-24T05:14:44","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=13219"},"modified":"2025-09-25T12:05:44","modified_gmt":"2025-09-25T12:05:44","slug":"heritage-month-faculty-postgrads-probe-recognition-and-resistance","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2025\/09\/24\/heritage-month-faculty-postgrads-probe-recognition-and-resistance","title":{"rendered":"Erfenismaand: Nagraadse studente fokus op erkenning en weerstand"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em>Deur Desmond Thompson<\/em><\/p>\n<p>Die stryd om geregtigheid neem verskeie vorme aan. Vir sommige ontvou dit in die wandelgange van die internasionale regstelsel; vir ander in stille verset in kombuise en moskees.<\/p>\n<p>By die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir die Bestudering van die Nagevolge van Geweld en die Strewe na Herstel (AVReQ)<a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/\">AVReQ<\/a>bring twee meestersgraadstudente van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe hierdie w\u00earelde byeen \u2013 die een deur te kyk na hoe daar na gruweldade verwys word; die ander deur die herontdekking van \u0149 verswe\u00eb geskiedenis van weerstand.<\/p>\n<p><strong>Nuwe bevindinge oor \u2018volksmoord\u2019<\/strong><\/p>\n<p>In September was daar twee belangrike verwikkelinge in die globale debat oor die Midde-Ooste. Aan die begin van die maand het die internasionale <a href=\"https:\/\/genocidescholars.org\/\">vereniging<\/a> van volksmoord-navorsers (IAGS) ges\u00ea dat Israel se optrede in Gaza voldoen aan die wetlike definisie van volksmoord onder die Verenigde Nasies (VN) Volksmoord-konvensie van 1948. <a href=\"https:\/\/www.un.org\/en\/genocideprevention\/documents\/atrocity-crimes\/Doc.1_Convention%20on%20the%20Prevention%20and%20Punishment%20of%20the%20Crime%20of%20Genocide.pdf\">konvensie<\/a>Twee weke later, het 'n VN <a href=\"https:\/\/www.ohchr.org\/en\/hr-bodies\/hrc\/co-israel\/index\">kommissie<\/a> van ondersoek 'n soortgelyke bevinding gemaak en ges\u00ea senior Israelse leiers moet aanspreeklik gehou word.<\/p>\n<p>Israel het beide bevindings verwerp. Die regering hou vol sy milit\u00eare veldtog is nie teen burgerlikes gemik nie, maar teen Hamas n\u00e1 di\u00e9 organisasie se aanvalle in Israel op 7 Oktober 2023.<\/p>\n<p>Vir die AVReQ-genoot <a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/people\/yaadein-padiachy\/\">Yaadein Padiachy<\/a>wat haar meestersgraad in <a href=\"https:\/\/polsci.sun.ac.za\/\">Politieke Wetenskap<\/a> onder dr Guy Lamb doen, verander hierdie verwikkelinge hoe sy een van haar gevallestudies benader. \"Ek beskou Palestina nou as 'n betwiste \u2018volksmoord\u2019,\" s\u00ea sy. Haar studieleier by AVReQ is dr Sophia Sanan.<\/p>\n<p><strong>Die betekenis van \u0149 woord<\/strong><\/p>\n<p>In haar tesis stel Padiachy ondersoek in na die betekenis van woorde in die konteks van die internasionale politiek \u2013 spesifiek \u2018volksmoord\u2019 en \u2018misdrywe teen die mensdom\u2019.  Sy vra waarom sommige massagruweldade \u2018volksmoord\u2019 genoem word, maar ander nie.<\/p>\n<p>\"Ek kyk na die werk van Raphael Lemkin, wat die term 'volksmoord' geskep het, en Hersch Lauterpacht, wat \u2018misdrywe teen die mensdom' verkies het \u2013 beide in die 1940's, veral in die konteks van die Neurenberg-verhore n\u00e1 die Tweede W\u00eareldoorlog,\" s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Sy gebruik vier gevallestudies: massagruweldade in Palestina, sowel as in Europa onder die Nazi\u2019s, in Armeni\u00eb en in Guatemala. Sy voer aan dat die definisie wat uiteindelik in die Volksmoord-konvensie vasgevang is, te eng is aangesien dit kulturele uitwissing uitsluit. D\u00edt sou lande in staat stel om te ontken dat daar \u0149 probleem is totdat dit \"te laat\" is.<\/p>\n<p>Padiachy se belangstelling in volksmoordstudies is gewortel in haar solidariteit met die mense van Palestina \u2013 polities sowel as akademies.<\/p>\n<p>Sy verbind ook die definisie van volksmoord met huidige debatte in Suid-Afrika. Vroe\u00ebr vanjaar het pres Donald Trump van die VSA die sogenaamde \u2018wit volksmoord\u2019-kontroversie weer aangevuur deur te steun op narratiewe oor \u2018plaasmoorde\u2019. Pres Cyril Ramaphosa het egter beklemtoon dat ho\u00eb vlakke van geweldsmisdaad in Suid-Afrika \u00e1lle mense raak, nie net \u0149 sekere groep nie.<\/p>\n<p>Vir Padiachy illustreer d\u00edt die \u201cgroter probleem \u2013 die lyding van wit mense word belangriker geag as die lyding van swart en bruin mense\u201d.<\/p>\n<p><strong>Herontdekking van die verlede<\/strong><\/p>\n<p>Terwyl Padiachy internasionale definisies van gruweldaad bevraagteken dokumenteer <a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/people\/irshaad-suliman\/\">Irshaad Suliman<\/a> Irshaad Suliman, 26, haar medestudent by AVReQ, plaaslike weerstand wat oor die hoof gesien is. Vir sy meestersgraad in <a href=\"http:\/\/www.sun.ac.za\/english\/faculty\/arts\/history\">Geskiedenis<\/a> onder dr Chet Fransch kyk Suliman na die verswe\u00eb bydrae van Moslems in Kaapstad tot die stryd teen apartheid van 1950 tot 1996. Sy studieleier by AVReQ is dr Anell Daries.<\/p>\n<p>Suliman voer sy belangstelling terug na die tyd wat hy in die Robbeneiland Mayibuye <a href=\"https:\/\/mayibuye-atom.uwc.ac.za\/\">argief<\/a> hy sy honneurs aan die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) gedoen het<a href=\"https:\/\/www.uwc.ac.za\/\">UWC<\/a>Daar het hy op gesmokkelde notas afgekom wat tydens aanhouding deur imam Abdullah Haron geskryf is. Di\u00e9 geestelike leier het 'n martelaar vir Kaapse Moslem-weerstand geword toe hy in 1969 in polisie-aanhouding dood is. Sowat 30 000 mense het sy begrafnis bygewoon.<\/p>\n<p>Suliman stel egter minder in Haron belang as in die stories van die vele ander mense wat stilweg weerstand teen apartheid gebied het.<\/p>\n<p>\u201cDie \u2018groot figure\u2019 is iemand soos imam Haron,\u201d verduidelik hy. \u201cMaar daar was ook alledaagse, \u2018klein figure\u2019 wat weerstand gebied het \u2013 in huise, skole, moskees en kombuise. Organisasies soos Nakhlistan het bv. kos vir die gemeenskap gekook as 'n vorm van ondersteuning en stille weerstand.\u201d<\/p>\n<p>In sy navorsing fokus Suliman op onderwysers, studente, vroue en gemeenskapsleiers \u2013 mense wie se bydraes oor die hoof gesien word in narratiewe wat op ikone fokus. Hy herwin die verhale van figure soos Boeta Dawood Khan, Noor Mohamed Fakie, Khalid Desai en Nabil Swart.<\/p>\n<p>Suliman plaas die stryd teen apartheid in die Kaap in historiese konteks. Hy wys daarop dat die eerste Moslems as ballinge en slawe uit Asi\u00eb en Afrika ingevoer is nadat Jan van Riebeeck, \u0149 amptenaar van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, in 1652 'n verversingspos hier gevestig het, wat later \u0149 kolonie sou word. Hulle het 'n politieke bewussyn saamgebring wat eeue later sou weerklink.<\/p>\n<p>Hy voeg by dat Islamitiese waardes soos welwillendheid, geregtigheid en verantwoordelikheid baie Moslems gemotiveer het om weerstand as 'n godsdienstige plig te sien.<\/p>\n<p>Kontempor\u00eare debatte ontgaan hom ook nie. \u201cEk hoor stellings oor \u2018kleurling\u2019- of \u2018bruin\u2019-identiteit, maar my agtergrond in Antropologie herinner my daaraan dat ras en kultuur sosiale konstrukte is.\u201d<\/p>\n<p><strong>Persoonlike wortels, gedeelde doel<\/strong><\/p>\n<p>Beide studente se akademiese pad is onafskeidbaar van hul persoonlike agtergrond.<\/p>\n<p>Padiachy het hoofsaaklik in Alberton, in die suide van Johannesburg, grootgeword. Sy put inspirasie uit die onreg wat haar pa, Pregie, as kind ervaar het: \u201cTeen die ouderdom van sewe het hy albei sy ouers verloor. Hy en sy broers en susters is onder familielede in verskillende dele van die land uitgedeel omdat daar nie behoorlik na alle hulpbehoewendes omgesien is nie.\u201d<\/p>\n<p>Haar ma, Abigail, stam af van kontrakarbeiders wat van Indi\u00eb na Suid-Afrika gebring is. Beide haar ouers se ervarings het haar laat besef hoe maklik lewens en kulture verwerp of uitgewis kan word.<\/p>\n<p>Suliman het in Boston, Bellville, grootgeword nadat hy en sy gesin aanvanklik in die nabygele\u00eb Kuilsrivier gewoon het. Sy liefde vir geskiedenis is aangewakker op kampeer-vakansies saam met sy pa, Rashaad (wat twee jaar gelede oorlede is), en sy ma, Afia. Besoeke aan nasionale parke en erfenisterreine het hom lief vir die land en die verlede gemaak.<\/p>\n<p>En dit gee hom sy missie as geskiedkundige \u2013 om gemeenskapskennis vas te l\u00ea voor dit verdwyn. Soos hy dit stel: \u201cDie ouer garde sterf, en saam met hulle verdwyn stories en tradisies. Daar is nog soveel om op te teken.\u201d<\/p>\n<p><strong>Parallelle soeke, toekomstige paaie<\/strong><\/p>\n<p>Hoewel Padiachy op die internasionale konteks fokus en Suliman op Kaapstad, oorvleuel hul werk tog. Beide kyk na hoe mag bepaal wie se lyding erken of ge\u00efgnoreer word.<\/p>\n<p>Padiachy s\u00ea: \u201cEk verwag nie dat my tesis opslae in Den Haag gaan maak nie, maar ek hoop tog dit kan die konseptuele verwarring rondom \u2018volksmoord\u2019 help opklaar.\u201d<\/p>\n<p>Sy hoop om n\u00e1 haar MA verder te studeer. \u201cTe dikwels definieer Westerse akademici demokrasie, gelykheid en geregtigheid vir ons. Ons moet self kennis in die Globale Suide produseer. Vir my gaan navorsing nie oor prestige nie \u2013 dit gaan daaroor om my voorouers te vereer, die onderdruktes te ondersteun en van die w\u00eareld 'n beter plek te maak.\u201d<\/p>\n<p>Suliman deel di\u00e9 toewyding, hoewel hy op geskiedenis en erfenis fokus. \u201cEk mag dalk terugkeer na argiewe of museums. Ek stel veral belang in restitusie deur die terugbesorging van geplunderde artefakte aan Afrika,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u201cMaar vir nou wil ek net my meestersgraad voltooi. En my punt is dat as ons net op die \u2018groot name\u2019 fokus, ons vele ander bydraes miskyk. Hul stories verdien om vertel te word.\u201d<\/p>\n<p><strong>Erfenis en genesing<\/strong><\/p>\n<p>Padiachy en Suliman het 'n akademiese tuiste gevind by AVReQ, gelei deur prof Pumla Gobodo-Madikizela, wat die SARChI-leerstoel <a href=\"http:\/\/www.sun.ac.za\/english\/research-innovation\/Research-Development\/research-chair-in-studies-in-transformation-and-historical-trauma\">Navorsingsleerstoel<\/a> in gewelddadige geskiedenisse en transgenerasionele trauma beklee. Die sentrum bestudeer geweld en die nalatenskap daarvan \u2013 fisies, struktureel, simbolies, oorge\u00ebrf \u2013 met genesing as kernmissie.<\/p>\n<p>In hierdie omgewing resoneer hul werk met mekaar. Haar kritiek op stilswye in die internasionale reg komplementeer sy herontdekking van vergete aktiviste. Beide plaas kultuur op die voorgrond \u2013 die onreg wat plaasvind wanneer dit uitgewis word, en die momentum wat die nalatenskap van weerstand die stryd vir geregtigheid bied.<\/p>\n<p>As sodanig spreek hul navorsing direk tot <a href=\"https:\/\/www.gov.za\/heritage-month-0\">Erfenismaand<\/a> in Suid-Afrika en herinner hulle ons daaraan dat die stryd om erkenning \u2013 of dit nou op die w\u00eareldverhoog of in plaaslike gemeenskappe is \u2013 deel uitmaak van pogings om die mensdom se wonde te herstel.<\/p>\n<ul>\n<li><em>AVReQ begin in Januarie 2026 met 'n nuwe <strong>interdisciplinary <\/strong><\/em><a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/programmes\/mphil-in-violent-histories\/\"><strong><em>MPhil<\/em><\/strong><\/a><strong><em> MPhil in Gewelddadige Geskiedenisse en Herstel <\/em><\/strong><em>in January 2026. <\/em><em>Die <strong>closing date<\/strong> Die sluitingsdatum vir Suid-Afrikaanse aansoekers is 31 Oktober. <strong>31 October<\/strong>.<\/em><\/li>\n<li><em>CAPTION:<\/em> <em>Irshaad Suliman and Yaadein Padiachy. PICTURES: Desmond Thompson<\/em><\/li>\n<\/ul>\n<p><em>Desmond Thompson is \u2019n vryskutjoernalis.<\/em><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; By Desmond Thompson The struggle for justice takes many forms. For some, it unfolds in the contested corridors of international law; for others, in quiet defiance in kitchens and mosques. At Stellenbosch University\u2019s (SU) Centre for the Study of the Afterlife of Violence and the Reparative Quest (AVReQ), two master\u2019s students of the Faculty [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":13109,"featured_media":13227,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256,160,195],"tags":[],"class_list":["post-13219","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news","category-notices","category-stellenbosch-university"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13219","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/13109"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13219"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13219\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13229,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13219\/revisions\/13229"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13227"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13219"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13219"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13219"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}