{"id":13201,"date":"2025-09-15T06:53:37","date_gmt":"2025-09-15T06:53:37","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=13201"},"modified":"2025-09-15T06:53:37","modified_gmt":"2025-09-15T06:53:37","slug":"emerging-scholars-challenge-gender-roles","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2025\/09\/15\/emerging-scholars-challenge-gender-roles","title":{"rendered":"Opkomende navorsers daag geslagsrolle uit"},"content":{"rendered":"<p><strong><em>Deur Desmond Thompson<\/em><\/strong><\/p>\n<p>Daar word gewoonlik in Vrouemaand besin oor Suid-Afrika se vordering met die hantering van geslagskwessies, en oor hoeveel nog gedoen moet word. Maar nou voer twee nagraadse navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) hierdie gesprekke in Erfenismaand verder.<\/p>\n<p>Lesedi Itumeleng Mashego en Thabolwethu Tema Maphosa is meestersgenote verbonde aan Prof Pumla Gobodo-Madikizela se Sentrum vir die Bestudering van die Nagevolge van Geweld en die Strewe na herstel<a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/\">AVReQ<\/a>Albei doen 'n MA-graad in Sielkunde, en gee die toon aan met hul navorsing oor die verstaan van geslag en identiteit. Mashego ondersoek swart vroulikheid met 'n fokus op moeder-dogter-narratiewe; Maphosa kyk hoe bevrydingsleiers stereotipes van swart manlikheid uitgedaag het.<\/p>\n<p>Saam tree hul werk in dialoog oor kwesbaarheid en wat dit beteken om sterk te wees, asook hoe menswees helend herinterpreteer kan word.<\/p>\n<p><strong>'Sterk swart vrou' bevraagteken<\/strong><\/p>\n<p>Mashego is in Pretoria gebore en het aan die Oos-Rand grootgeword. Haar pa, Mpho, is die direkteur van 'n farmaseutiese onderneming; haar ma, Monica, is 'n verpleegkundige en vroedvrou wat dikwels 12-uur skofte by 'n openbare hospitaal werk.<\/p>\n<p>\u201cSy het uitgeput huis toe gekom en steeds die huishouding aan die gang help hou,\" onthou Mashego. \u201cDestyds het ek gedink dis maar net wat ma's doen. Later het ek besef hoe moeg sy moes gewees het.\"<\/p>\n<p>Geeneen van die vroue in haar familie het die skadukant van daardie uithouvermo\u00eb getoon nie \u2013 die perke, die uitputting, die krake. Dit het Mashego met 'n blywende vraag gelaat: Word die 'sterk swart vrou'-identiteit gekies, of afgedwing?<\/p>\n<p>Sy wou weet wat agter hierdie etiket l\u00ea. \u201cOns vier dit, maar my navorsing vra: Wat is die prys daarvan om die heeltyd sterk te moet wees? Wat kos dit vroue en die samelewing?\"<\/p>\n<p>Toe maak sy d\u00edt die fokus van haar MA-studie. Vir haar verhandeling voer sy onderhoude met swart vroue tussen 18 tot 29 jaar oud oor hul verhouding met hul moederfigure. Sy noem haar benadering \u201cempatiese kritiek\" \u2013 sy verwerp dit nie om sterk te wees nie, maar vra wat beteken dit as vroue waardeer word slegs vir hul vermo\u00eb om te volhard.<\/p>\n<p>Haar studie is \u201cuiters persoonlik,\" s\u00ea sy. \u201cNamate ek ouer geword het, het ek my ma nie net in daardie rol begin sien nie, maar as 'n mens in eie reg met haar eie beperkings. Daardie besef stuur my navorsing.\"<\/p>\n<p>Vrouedag in Suid-Afrika dateer terug na die deurslaggewende moment <a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Women%27s_March_(South_Africa)\">moment<\/a> 9 Augustus 1956 toe sowat 20 000 vroue na die Uniegebou in Pretoria opgeruk het uit protes teen die paswette van apartheid. Hul slagspreuk was,<em>\u201cWathint' abafazi, wathint' imbokodo\"<\/em>\u2013 slaan aan 'n vrou, en jy slaan 'n rots.<\/p>\n<p>Maar Mashego bevraagteken hierdie metafoor. \u201c'n Rots is net 'n ding \u2013 iets waaraan jy kan kap tot dit verbrokkel. Dit s\u00ea dat swart vroue enigiets kan verduur. Maar ons <em>k\u00e1n <\/em>breek. Ons moet ook gesien word as sag, as mense wat sorg en beskerming nodig het.\"<\/p>\n<p>Sy verbind d\u00edt met die krisis van geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika. \u201cOns het 'n geskiedenis van geweld, veral geweld teen swart vroue. Dink aan die verkragting van vroue wat slawe in die Kaap was. Daardie geskiedenis is genormaliseer \u2013 regdeur kolonialisme en apartheid, tot in die huidige tydvak.\"<\/p>\n<p>Mashego se navorsing raak ook aan die xenofobie van die hede. Ge\u00efnspireer deur stories wat haar ma gedeel het oor haar werk met pasi\u00ebnte, het sy vir haar honneursgraad gekyk na swanger migrante uit die res van Afrika wat as sondebokke uitgesonder word in 'n gesondheidstelsel onder druk.<\/p>\n<p>Sy beskou die woede wat uitgespreek word deur <a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Operation_Dudula\">Operation Dudula<\/a> 'n vigilanteveldtog wat teen uitlanders protesteer \u2013 as misplaas. \u201cOm vroue mediese sorg te verbied omdat hulle immigrante is, is onmenslik. Die probleem l\u00ea by beleid en dienslewering, nie by die pasi\u00ebnte nie.\"<\/p>\n<p>Haar feminisme, beklemtoon sy, gaan nie daaroor om vroue teen mans op te stel nie. \u201cEk het grootgeword met 'n liefdevolle pa en ondersteunende broers, en ek is in 'n sorgsame verhouding. Ek weet dat nie alle mans gewelddadig is nie. Maar baie vroue staar geweld in die gesig. Wat ons nodig het, is eerlike gesprekke tussen swart vroue en swart mans, want beide groepe dra bagasie van geweld. Sonder daardie dialoog sal die siklus voortduur.\"<\/p>\n<p>Haar boodskap aan jong vroue? \u201cOmarm sagtheid. Dit beteken nie jy kan nie ook sterk wees nie. Maar moenie toelaat dat die samelewing jou verhard nie. Behandel jouself met dieselfde genade wat jy aan ander betoon.\"<\/p>\n<p><strong>Teerheid in swart manlikheid herontdek<\/strong><\/p>\n<p>Vir Maphosa is die ander kant van die muntstuk die heroorweging van wat dit beteken om 'n swart man te wees. Vir sy meestersgraad kyk hy na \u201cpost-patriargale manlikheid\" deur die lewens van die bevrydingsleiers Robert Sobukwe en Joshua Nkomo.<\/p>\n<p>Sobukwe word onthou as die vasberade stigter van die Pan Africanist Congress in Suid-Afrika; Nkomo as 'n nasionalistiese leier in Zimbabwe. Maar Maphosa soek na momente toe hulle ook in 'n ander opsig stroomop geswem het.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea Sobukwe het eenkeer aan 'n vriendin geskryf dat hy \u201cnie in die regte emosionele stemming\" was om 'n roman te lees wat sy vir hom in die tronk gestuur het nie. En dat Nkomo geskryf het oor hoe hy sy vrou se trane gedeel het toe hulle tydens onafhanklikheidsvieringe uitgesluit is.<\/p>\n<p>\u201cHierdie momente toon 'n teerheid wat selde erken word,\" verduidelik Maphosa. \u201cPatriargie s\u00ea vir mans dat emosies swakheid is. Maar hier het ons sterk leiers gehad wat nie bang was om ook hul kwesbaarheid te wys nie.\"<\/p>\n<p>Dit het persoonlike betekenis vir hom. \u201cEk het grootgeword as 'n baie emosionele kind, die laatlammetjie wat sy gevoelens graag gewys het,\" vertel hy.<\/p>\n<p>Maphosa se pa is oorlede toe hy tien was. Hy het n\u00e1 aan sy ma, Mildret, grootgeword. Toe sy kla dat sy slegs 'n Engelse naam gekry het, nie 'n Ndebele-naam nie, het hy haar 'n tweede naam gegee \u2013 Gugulabazali, wat beteken \u201cdie een wat deur hul ouers gekoester word\".<\/p>\n<p>As township-kind in Bulawayo het hy nooit gedink hy sal eendag universiteit toe in Suid-Afrika kan gaan nie, maar sy broers het almal geldelik bygedra om sy droom te bewaarheid.<\/p>\n<p>Om hier te wees, is egter vir Maphosa ingewikkeld. \u201cEk het 'n gevoel van verbintenis ... totdat ek my paspoort toon,\" s\u00ea hy. Hy het self nog nie erge vreemdelinghaat ervaar nie, maar xenofobie \u2013 ook teenoor akademici \u2013 maak hom bekommerd oor sy toekoms. Hy vind aansluiting by die plakkersbeweging <a href=\"https:\/\/abahlali.org\/\">Abahlali baseMjondolo<\/a>wat koloniale grense verwerp.<\/p>\n<p>Maphosa het al po\u00ebsie in Medium gepubliseer <a href=\"https:\/\/medium.com\/@thabolwethumaphosa\/to-be-tender-in-the-ledger-of-violence-04a336771dcb\"><em>Medium<\/em><\/a> en is ook 'n imbongi ('n lofdigter) <em>imbongi<\/em> Hy beskou kultuur as dinamies, nie staties nie. \u201cKolonisering het probeer om ons in 'n enkele beeld vas te vang. Maar om 'n Afrikaan te wees, is nie net een ding nie. Ek weier die eenduidige storie.\"<\/p>\n<p>Sy honneursverhandeling aan die Universiteit van Kaapstad <a href=\"https:\/\/www.uct.ac.za\/\">University of Cape Town<\/a> het oor mans en emosie gehandel \u2013 hoe hulle die einde van liefdesverhoudings hanteer. Hy het die konsep van \u201cpatriargale toesig\" geskep: die manier waarop mans voel hulle word konstant dopgehou, selfs wanneer hulle alleen is, om te sorg dat hulle aan streng kodes van manlikheid voldoen.<\/p>\n<p>Nou, vir sy meestersgraad, vra hy of politieke omwenteling ruimte kan skep vir alternatiewe konsepsies van manlikheid \u2013 nie \u201cikoon-messias\" of rebel nie, maar gewoon umuntu (mens). <em>uMuntu<\/em> (person).<\/p>\n<p>Hy s\u00ea in sy studieleier aan die US se Departement Sielkunde <a href=\"https:\/\/www0.sun.ac.za\/psychology\/\">Departement Sielkunde<\/a>prof Kopano Ratele, het hy die vaderfiguur gevind wat hy nooit gehad het nie. Sy mentorskap spoor Maphosa aan om anders oor manlikheid te bly dink.<\/p>\n<p>Maphosa se studie is ook met sy lewe vervleg. \u201cEk kan nie oor teerheid skryf en dan emosioneel aftakelend teenoor ander wees nie. Selfs met my vriende \u2013 mans, vroue, queer mense \u2013 probeer ek 'n post-patriargale raamwerk uitleef.\"<\/p>\n<p>Sy boodskap aan jong mans? Dat 'n ander w\u00eareld moontlik is. \u201cPatriargie is nie onvermydelik nie. Ek dink die aanname dat ons kulture inherent patriargaal is, is verkeerd.\"<\/p>\n<p><strong>Parallelle studies, gedeelde temas<\/strong><\/p>\n<p>Die twee studies weerspie\u00ebl mekaar. Mashego bevraagteken hoe daar van vroue verwag word om sterk te wees, en hoe juis d\u00edt hulle te na kom. Maphosa bevraagteken hoe mans vasgevang is in hero\u00efsme wat hulle \u2013 paradoksaal \u2013 beperk. Beide wil menswees bevry van tradisionele geslagsrolle.<\/p>\n<p>By AVReQ, s\u00ea beide, voel hulle tuis. \u201cHier word jy nie as 'n junior genoot behandel nie,\" s\u00ea Maphosa. \u201cMense respekteer jou idees.\" Mashego stem saam: \u201cDit kan eensaam wees om 'n meestersgraad te doen, maar hier word jy as mens raakgesien, nie net as student nie.\"<\/p>\n<p>Albei is ervare leiers. Mashego het op huiskomitees en die SR gedien en het gesogte beurse gewen. Maphosa het internasionaal aanbiedings gedoen en al in die British Journal of Social Psychology gepubliseer.<\/p>\n<p>Wat hulle saamsnoer, is 'n vasberadenheid om nie net krities te wees nie, maar om alternatiewe te bedink. Mashego hou 'n feminisme voor wat gelyktydig sag en sterk is. Maphosa wys dat alternatiewe vorme van manlikheid in die geskiedenis te vinde is en vandag beliggaam kan word. <a href=\"https:\/\/bpspsychub.onlinelibrary.wiley.com\/doi\/10.1111\/bjso.12817\"><em>British Journal of Social Psychology<\/em><\/a>.<\/p>\n<p>What unites them is a determination to move beyond critique to imagination. Mashego envisions a feminism that affirms softness as much as strength. Maphosa insists that alternative masculinities can be excavated from history and embodied today.<\/p>\n<p>Maphosa roep Steve Biko <a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/I_Write_What_I_Like\"><em>se woorde in I Write What I Like in herinnering<\/em><\/a>: \u201cOns sal mettertyd in staat wees om aan Suid-Afrika die grootste moontlike geskenk te gee \u2013 meer menslikheid.\"<\/p>\n<ul>\n<li><em>AVReQ begin in Januarie 2026 met 'n nuwe <strong>interdisciplinary <\/strong><\/em><a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/programmes\/mphil-in-violent-histories\/\"><strong><em>MPhil<\/em><\/strong><\/a><strong><em> MPhil in Gewelddadige Geskiedenisse en Herstel <\/em><\/strong><em>in January 2026. <\/em><em>Die <strong>closing date<\/strong> Die sluitingsdatum vir Suid-Afrikaanse aansoekers is 31 Oktober. <strong>31 October<\/strong>.<\/em><\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li><em>ONDERSKRIF: Lesedi Mashego en Tema Maphosa. FOTO'S: Ignus Dreyer\/SCPS<\/em><\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li><em>Desmond Thompson is 'n vryskutjoernalis.<\/em><\/li>\n<\/ul>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>By Desmond Thompson Women\u2019s Month is usually a time to reflect on South Africa\u2019s progress in addressing gender issues, and on how much remains to be done. But now, as the country turns to celebrating Heritage Month, two postgraduate researchers in the Faculty of Arts and Social Sciences at Stellenbosch University (SU) are pushing these [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":13109,"featured_media":13205,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256,160,195],"tags":[],"class_list":["post-13201","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news","category-notices","category-stellenbosch-university"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13201","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/13109"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13201"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13201\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13207,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13201\/revisions\/13207"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13205"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13201"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13201"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13201"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}