{"id":13153,"date":"2025-09-01T12:48:14","date_gmt":"2025-09-01T12:48:14","guid":{"rendered":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/?p=13153"},"modified":"2025-09-01T12:58:39","modified_gmt":"2025-09-01T12:58:39","slug":"policing-crisis-faculty-postgrads-bring-new-insights","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/2025\/09\/01\/policing-crisis-faculty-postgrads-bring-new-insights","title":{"rendered":"Polisiekrisis: Fakulteit se nagraadse studente bring nuwe insigte"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Desmond Thompson<\/em><\/p>\n<p>Polisi\u00ebring in Suid-Afrika is in die kollig. In Julie het Nhlanhla Mkhwanazi, die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, vir Senzo Mchunu, die nasionale minister van polisie, daarvan beskuldig dat hy kriminele netwerke beskerm en sensitiewe ondersoeke belemmer. In reaksie hierop het pres Cyril Ramaphosa vir Mchunu op verlof geplaas, prof Firoz Cachalia van Wits as waarnemende minister aangestel en \u2019n kommissie van ondersoek onder leiding van afgetrede regter Mbuyiseli Madlanga ingestel.<\/p>\n<p>Vir twee nagraadse navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) is hierdie nasionale drama meer as politieke teater. Dit weerspie\u00ebl die einste vrae wat hul werk dryf: hoe ervaar, interpreteer en praat mense oor misdaad, veiligheid en polisi\u00ebring \u2013 en hoe vorm sulke narratiewe weer die werklikheid?<\/p>\n<p><strong>Unieke intellektuele tuiste<\/strong><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/people\/modiegi-mafalo\/\">Modiegi Mafalo<\/a> en <a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/people\/ella-hodge\/\">Ella Hodge<\/a>albei 23, is meestersgenote aan die Sentrum vir die Bestudering van die Nagevolge van Geweld en die Strewe na Herstel (<a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\">AVReQ<\/a>waar hul onderskeie studieleiers dr Akuch Kuol Anyieth en dr Wilhelm Verwoerd is. Vir hul MA-graad het elk het ook \u2019n studieleier in die Departement <a href=\"https:\/\/www0.sun.ac.za\/sociology\/\">Sosiologie<\/a> en Sosiale Antropologie \u2013 dr Mosa Phadi en dr Claire-Anne Lester.<\/p>\n<p>AVReQ is interdissiplin\u00eare navorsingsentrum onder leiding van Prof Pumla Gobodo-Madikizela, \u2019n kliniese sielkundige wat in die laat 1990\u2019s in die Menseregteskendingskomitee van die Waarheid-en-Versoeningskommissie gedien het. Sy beklee deesdae die Suid-Afrikaanse <a href=\"https:\/\/www.sun.ac.za\/english\/research-innovation\/Research-Development\/research-chair-in-studies-in-transformation-and-historical-trauma\">Navorsingsleerstoel<\/a> (SARChI) in Gewelddadige Geskiedenisse en Transgenerasionele Trauma aan die US.<\/p>\n<p>By AVReQ het sy \u2019n ruimte vir samewerking geskep waar akademici uit verskillende agtergronde (historici, sosiolo\u00eb, sielkundiges, letterkundiges en so meer) die nadraai van geweld bestudeer \u2013 die maniere waarop dit oor generasies heen voortleef \u2013 en die strewe na herstel uitpluis. D\u00edt is waar Mafalo en Hodge oor hul navorsing gesels en lang debatte voer.<\/p>\n<p><strong>Persepsies van polisi\u00ebring in Alex<\/strong><\/p>\n<p>Mafalo se navorsing fokus op die verhouding tussen die gemeenskap en die staat in Suid-Afrika n\u00e1 apartheid \u2013 spesifiek in Alexandra-township in die ooste van Johannesburg. Sy kom van die naburige woonbuurt Marlboro, waar sy en haar jonger suster deur hul ma grootgemaak is.<\/p>\n<p>Haar studie begin met \u2019n gewelddadige voorval by die Alexandra-polisiestasie in 2024: \u2019n man wat hulp soek, gryp na bewering n\u00e1 \u2019n lang wag \u2019n vuurwapen en begin skiet. Twee polisielede word gewond voor hy self doodgeskiet word. Talle inwoners het simpatie met hom uitgespreek, aangesien hulle hom eerder as \u2019n slagoffer van institusionele mislukking as \u2019n oortreder beskou het.<\/p>\n<p>\u201cJohnny Steinberg skryf dat polisi\u00ebring slegs effektief kan wees as daar openbare instemming is,\u201d s\u00ea Mafalo. \u201cEk wil weet of sodanige instemming werklik in Alex bestaan \u2013 en indien nie, hoekom nie?\u201d<\/p>\n<p>Deur gebruik te maak van traumateorie en Frantz Fanon se teorie van revolusion\u00eare geweld, stel sy ondersoek in na hoe houdings teenoor wetstoepassing gevorm word deur herinneringe aan apartheid-era polisi\u00ebring en hedendaagse ervarings van polisie-geweld.<\/p>\n<p>Haar metodes kombineer diepgaande onderhoude, mondelinge geskiedenis, deelnemende waarneming en kritiese diskoersanalise. Die doel, s\u00ea sy, is nie net om wantroue te beskryf nie, maar om te bepaal wat dit sou verg om dit in vertroue te omskep.<\/p>\n<p><strong>Misdaadnarratiewe in Stellenbosch<\/strong><\/p>\n<p>Hodge kom ook van Johannesburg af, waar sy in Parkview saam met haar ouers en drie susters grootgeword het.<\/p>\n<p>Haar studie kyk na Stellenbosch, wat \u2013 met sy eikelanings en wynlandgoedere \u2013 dikwels as \u2019n \u201cveilige\u201d ruimte uitgebeeld word. Maar periodieke golwe van misdaad teen studente \u2013 insluitend \u2019n mesmoord en berigte van ontvoerings verlede jaar \u2013 skend daardie persepsie.<\/p>\n<p>Hodge is getref deur die mediadekking van ho\u00ebprofielvoorvalle in 2024, insluitend daaropvolgende rassistiese en xenofobiese uitsprake op sosiale media. Sommige mense het die voorvalle as bewys van agteruitgang onder \u2019n swart regering beskou; ander het immigrante uit ander Afrikalande blameer. Talle het skok uitgespreek dat sulke geweld \u201chier\u201d kon gebeur.<\/p>\n<p>\u201cDit is deel van wat ek probeer uitpak,\u201d s\u00ea Hodge. \u201cWaarom skok geweldsmisdaad in Stellenbosch meer as elders? Wat s\u00ea dit oor die dorp se geskiedenis en sy huidige rasse- en ruimtelike dinamika?\u201d<\/p>\n<p>Vir haar tesis gaan sy onderhoude, deelnemende waarneming van veiligheidsvergaderings en diskursiewe analise van dokumente en aanlyn kommentaar gebruik. Sy gaan kyk hoe huidige narratiewe historiese konstruksies van kriminaliteit reproduseer of daarvan afwyk \u2013 veral di\u00e9 wat gevorm is deur apartheid se nalatenskap.<\/p>\n<p>Hodge se belangstelling is verskerp deur haar vroe\u00ebre deelname aan Ubuntu-leer <a href=\"https:\/\/shortcourses.sun.ac.za\/courses\/5347\/\">kursus<\/a> deur die US <a href=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/law\/\">se Fakulteit<\/a> Regsgeleerdheid wat studente in aanraking bring met gevangenes by die Brandvlei Korrektiewe Sentrum naby Worcester.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n transformerende ervaring. Dit dwing jou om te heroorweeg wat jy gedink het jy weet oor misdaad, straf en menslikheid,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p><strong>Gemeenskaplikhede<\/strong><\/p>\n<p>Mafalo se Alexandra en Hodge se Stellenbosch kan nouliks meer verskillend wees ten opsigte van demografie en geskiedenis. Tog is beide studies geanker in die begrip dat misdaad en polisi\u00ebring nooit net oor individuele dade gaan nie, maar ingebed is in narratiewe wat gevorm word deur die geskiedenis, ongelykheid en identiteit.<\/p>\n<p>Vir Mafalo kan die verhouding tussen die polisie en die gemeenskap in Alex nie losgemaak word van die nalatenskap van die gewelddadige polisi\u00ebring van stedelike swartmense in die apartheidsjare nie; maar ook nie van die huidige onreg van gebrekkige dienslewering in townships nie.<\/p>\n<p>Vir Hodge ontbloot die \u201cskok\u201d van misdaad in Stellenbosch voortdurende aannames oor wie waar hoort, wie se lewens waardevol is, en watter ruimtes as beskermingswaardig beskou word.<\/p>\n<p><strong>Voor- en nadele van Stellenbosch<\/strong><\/p>\n<p>Albei s\u00ea hulle het nog nooit heeltemal tuis gevoel in Stellenbosch nie. Mafalo beskryf die dorp as \u2019n \u201cborrel\u201d, terwyl Hodge dit as \u201ckonserwatief\u201d beskou.<\/p>\n<p>Vir ontvlugting kyk Mafalo gruwelfilms \u2013 hoe vreesaanjaender, hoe beter \u2013 verkieslik alleen, in die donker. Hodge, daarenteen, speel graag rekenaarspeletjies, en voel tuis in die virtuele w\u00earelde van The Sims en Stardew Valley.<\/p>\n<p>Tog beklemtoon albei die waarde van hul tyd by die US. In hul tuisdepartement en by AVReQ het hulle ruimtes gevind waar hulle kan groei, met mentors kan skakel en hul insigte kan verskerp.<\/p>\n<p>Gobodo-Madikizela sien hul projekte as deel van AVReQ se kernmissie: om die akademie te koppel aan die herstelwerk wat samelewings n\u00e1 geweld moet doen. \u201cHoe om oor die huidige tydvak te dink, hoe om ongeregtighede reg te stel en \u2019n getransformeerde toekoms te herverbeel, is \u2019n uitdaging wat dalk \u2019n funksie van ons moed is om hierdie taak aan te pak,\u201d het sy verlede jaar ges\u00ea nadat sy die Templeton-prys ontvang het.<\/p>\n<p><strong>Lief vir navorsing<\/strong><\/p>\n<p>Beide nagraadse studente praat met passie oor navorsing. \n\n\u201cOm te lees en dinge uit te vind, is baie stimulerend,\u201d s\u00ea Mafalo. \u201cMy ma vra: \u2018Wanneer gaan jy ophou studeer?\u2019 maar ek s\u00ea vir haar: \u2018Nie binnekort nie. Ek hou daarvan om te verstaan wat rondom my gebeur.\u2019\u201d<\/p>\n<p>Hodge s\u00ea sy sal dalk vir \u2019n ruk oorsee wil gaan om verder te studeer, maar sy wil terugkeer na Suid-Afrika om, in haar woorde, \u201csaam met ons land te ontwikkel\u201d (haar klem). \u201cEk wil h\u00ea my werk moet nie net teoreties betekenisvol wees nie,\u201d s\u00ea sy. <em>met<\/em> our country\u201d (her emphasis). \u201cI want my work to be meaningful beyond theory,\u201d she says.<\/p>\n<p><strong>Waarom hul sienings saak maak<\/strong><\/p>\n<p>Terwyl polisi\u00ebring in Suid-Afrika onder die loep geneem word, is dit aanloklik om te dink verandering moet van bo af kom. Mafalo en Hodge se navorsing herinner mens egter daaraan dat vertroue, legitimiteit en geregtigheid opgebou of afgebreek word in alledaagse gesprekke oor die hede, die verlede en die toekoms.<\/p>\n<p>Hul studies sluit aan by AVReQ se missie en die temas van \u2019n <strong>nuwe interdissiplin\u00eare <\/strong><a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/programmes\/mphil-in-violent-histories\/\"><strong>MPhil<\/strong><\/a><strong> MPhil in Gewelddadige Geskiedenisse en Herstel<\/strong>waarmee die Sentrum volgende jaar begin. Di\u00e9 graad, die eerste van sy soort in Suid-Afrika, \u201chet ten doel om opkomende akademici en jong navorsers te onderrig, op te lei en te mentor deur hulle te bemagtig om nuwe velde van ondersoek na die komplekse en blywende nalatenskap van gewelddadige geskiedenisse te verken,\u201d het Gobodo-Madikizela ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDie program sluit ook \u0149 kritiese ondersoek na psigososiale herstelprosesse in, wat nuwe verbeeldingryke idees verken oor wat dit beteken om gewelddadige verledes te herstel of te genees,\u201d het sy bygevoeg.<\/p>\n<p><strong><em>Die sluitingsdatum vir Suid-Afrikaanse studente is 31 Oktober.<\/em><\/strong><\/p>\n<blockquote class=\"wp-embedded-content\" data-secret=\"cYKgE1HMdr\"><p><a href=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/people\/fellows\/\">Fellows<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><iframe loading=\"lazy\" class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" style=\"position: absolute; clip: rect(1px, 1px, 1px, 1px);\" title=\"&#8220;Fellows&#8221; &#8212; AVReQ - Centre for the Study of the Afterlife of Violence and the Reparative Quest\" src=\"https:\/\/avreq.sun.ac.za\/people\/fellows\/embed\/#?secret=OPaudtBf1A#?secret=cYKgE1HMdr\" data-secret=\"cYKgE1HMdr\" width=\"600\" height=\"338\" frameborder=\"0\" marginwidth=\"0\" marginheight=\"0\" scrolling=\"no\"><\/iframe><\/p>\n<p><em>Desmond Thompson is \u2019n vryskutjoernalis.<\/em><\/p>\n<p><em>ONDERSKRIF: Modiegi Mafalo en Ella Hodge. FOTO\u2019S: Ignus Dreyer\/SCPS<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Article By Desmond Thompson Policing in South Africa is under intense scrutiny. In July, KwaZulu-Natal Police Commissioner Nhlanhla Mkhwanazi accused national Police Minister Senzo Mchunu of shielding criminal networks and shutting down sensitive investigations. In response, President Cyril Ramaphosa put Mchunu on leave, appointed Prof Firoz Cachalia of Wits as acting minister, and set up [&hellip;]<\/p>","protected":false},"author":13109,"featured_media":13155,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"","_exactmetrics_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0,"footnotes":""},"categories":[3256,160,195],"tags":[],"class_list":["post-13153","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news","category-notices","category-stellenbosch-university"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13153","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/13109"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13153"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13153\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13157,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13153\/revisions\/13157"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13155"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13153"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13153"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/arts.sun.ac.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13153"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}